Dodetal in Japan staan al op 127 mense
Japan het Dinsdag gesukkel om dienste te herstel en hulp te bied aan slagoffers van die land se ergste oorstromings in 36 jaar, terwyl reddingswerkers aanhou soek na mense in die puin. Slagoffers word ook nou deur gesondheidsgevare in die gesig gestaar met warm temperature en ’n tekort aan skoon water. Stortreën het verlede week tot oorstromings en grondstortings in die weste van Japan gelei, met 127 mense wat al dood is. Nog 3 500 verbruikers sit sonder krag, terwyl meer as 200 000 sonder water gaan met temperature wat tot 33 °C kan styg in van die gebiede wat die swaarste getref is, soos die stad Koerasjiki. Die openbare uitsaaier NHK het aangedui dat 63 mense steeds vermis word. ’n Nuwe ontruimingsbevel is Dinsdag in ’n deel van Hirosjima uitgereik nadat ’n rivier wat deur brokstukke versper is, oorstroom het en 23 000 mense daardeur geraak is. Hierdie lugfoto’s wat Maandag geneem is, wys hoe modder deur strate van Koere, Hirosjima, in Japan, loop ná die stortreën. Foto Netwerk24/Getty Images
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie