Dis Nama/Herero vs. Duitsland in NY
Dis Nama/Herero vs. Duitsland in NY

Dis Nama/Herero vs. Duitsland in NY

Die Herero-opperhoof het Duits­land van arrogansie beskuldig en sê die hofsaak in New York gaan voort.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn



Die hofsaak wat Nama- en Herero-groepe in New York teen die Duitse regering aanhangig gemaak het “vorder besonder goed” sê opperhoof Vekuii Rukoro, wat gister 'n nuuskonferensie in Windhoek toegespreek het.

Hy het inligting verwerp wat die Duitse ambassade Woensdag in Windhoek uitgereik het. (Sien berig op bl.3.)

“Tot nou toe het Duitsland gesê hulle gaan nie New York toe nie, hulle gaan nie hof toe nie, hulle is 'n soewereine, onafhanklike staat. Hulle sal nie deur die Herero's en Namas na 'n hof in 'n ander land gesleep word nie. Duitsland kan hardloop, maar hulle kan nie wegkruip nie. Eendag sal die lang arm van die gereg hulle inhaal en dan sal hulle in die hof wees, al is dit skoppend en skreeuend,” het Rukoro gesê.

Hy sê indien Duitsland nie binne 'n sekere tyd reageer nie, sal die hof 'n bestekvonnis teen dié land uitreik.

Wat egter verwarrend is, is dat Duitsland wél verlede week 'n Amerikaanse regsgeleerde, mnr. Jeffrey Harris, aangestel het, sê Rukoro. Harris het per e-pos met die regsgeleerde in verbinding getree wat namens die Namas en Herero's optree.

Hy is meegedeel dat 'n mosie by die hof ingedien sal word om die Namas en Herero's se mosie van die rol te skrap vanweë 'n gebrek aan jurisdiksie.



mosie verwerp

Die Namas en Herero's se regsgeleerde het aangedui sy kliënte gaan voort met hul eis vir regstellende geregtigheid en het Harris aangeraai om eerder 'n mosie by die hof in te dien om aan te dui hy sal namens Duitsland in die hof verskyn en die saak verdedig.

Harris het hierna voortgegaan en die hof genader om die Herero/Nama-saak van die rol te skrap.

Regter Laura Taylor Swain, van die distrikshof in New York, het Dinsdag egter uitspraak gelewer en die mosie verwerp op grond daarvan dat daar nie voorafkommunikasie tussen die twee partye was, wat tot 'n moontlike skikking of tot konsensus kon lei nie.

“Duitsland moet kies. Hulle kan nie hul brood aan albei kante gebotter hê nie. As hulle 'n soewereine staat is en nie onderhewig aan die jurisdiksie van 'n ander land is nie, hoekom het hulle 'n Amerikaanse regsgeleerde aangestel en die hof genader?” wou Rukoro weet.

“Duitsland se regsgeleerde het die wet oortree deur nie met die ander regsgeleerdes te konsulteer nie. Duitsland moet die reëls volg en 'n behoorlike uitdaging voor die hof bring. Duitsland se arrogansie duur net voort. Die geveg is aan die gang en dit is werklik,” het Rukoro gesê.



BEENDERE EN UITWISSINGSBEVEL

Hy sê die beendere van hul voorvaders en ook “die ondertekende uitwissingsbevel deur Lothar von Trotha” is in Amerika by hul regsverteenwoordiger wat dit aan die hof sal voorlê.

“Duitse burgers, hoor my, ons is gereed om jul regering op 'n ander front aan te vat. Die skikkingsvoorwaardes gaan al erger word. Regstreekse onderhandelinge was ons plan A, maar ons het ook 'n plan B, C, D en E,” het hy bygevoeg.

Rukoro het deurlopend neerhalend na die Duitse ambassadeur in Namibië, mnr. Christiaan Schlaga, as “Duitsland se hoofpropagandis” verwys.

In vraetyd het Rukoro gesê die Namas en Herero's kon nie na die wêreldhof gaan nie, omdat lande toestemming moet gee om voor dié hof gedaag te word. Dit is nie die geval in Amerika nie, omdat die Amerikaanse reg voorsiening daarvoor maak dat enige wêreldburger sake oor misdade teen die mensdom na Amerikaanse howe kan neem.

“Amerika sal dit vir ons oplos. Duitsland moet sy arrogante speletjies met Amerika speel,” het hy gesê.

Oor die uitwissingsbevel het hy gesê die dokumente is buite Namibië gevind. “Dit was nie in ons argief of in Suid-Afrika nie. Ek wil nie meer hieroor sê nie. Dit is outentiek en gesertifiseer. Die uitwissingsbevel is in Otjiherero, Nederlands en Duits.”



SPESIALE GESANT

Met verwysing na die rol van die Namibiese regering in die onderhandelinge met Duitsland het Rukoro gesê: “Wanneer ons die wapen wil opneem en die Duitse regering skiet, tree die Namibiese regering tussenbeide.”

Hy is ook nie tevrede met Namibië se spesiale gesant, dr. Zed Ngavirue, se onderhandelinge met Duitsland nie.

“Hulle praat oor hospitale, skole en teerpaaie. Dit is nie wat hulle (Duitsland) van ons weggeneem het nie. Nee, hulle het ons grond gevat.”



ANDREW YOUNG

Rukoro sê hy reis Dinsdag na Amerika om die hofsaak op 25 Januarie by te woon. Hierna sal hy na Atlanta gaan om samesprekinge met die Amerikaanse burgerregteleier, amb. Andrew Young, te voer.

“Ons wil die kwessie van die volksmoord vanjaar internasionaliseer en veral in Amerika onder mense se aandag bring. Ons wil hê die Amerikaanse kongres en Amerikaanse deelstate moet wetgewing aanvaar om dit wat met ons gebeur het 'n misdaad teen die mensdom te verklaar.

“Young was nog altyd aan die kant van onderdrukte mense en ons hoop hy sal ons ambassadeur veral by die swart koukus wees. Ons wil hê die Herero- en Nama-volksmoord moet dieselfde erkenning as die ­Armeniese volksmoord kry,” het hy bygevoeg.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026