Dis ’n komplot, sê onderwyser

09 February 2021 | Misdaad
Francoise Steynberg – Die onderwyser van Jan Möhr Sekondêre Skool wat gisteroggend op twee klagte van verkragting in die Windhoek-landdroshof verskyn het, mnr. Nathanael Kamatuka (53), sê dit is ’n komplot.

“Ek sal deur my prokureur teenklagte aanhangig maak, want ons dink hierdie dinge is ’n komplot,” het Kamatuka aan landdros Samunzala Samunzala gesê.

Kamatuka was in ’n verslete Jan Möhr-gholfhemp en masker waarmee hy deurentyd sy gesig bedek het, ’n geskeurde kortbroek en plakkies geklee.

Die klaers is ’n 19-jarige leerling van die skool, asook ’n minderjarige wat Kamatuka daarvan beskuldig dat hy hulle verlede Woensdag by die skool verkrag het.

Staatsaanklaer Rowan van Wyk het borgtog heftig teengestaan. Hy het gesê hy vrees die beskuldigde sal op die vlug slaan, dat hy direk of indirek met die ondersoek sal inmeng en weens die ernstige aard van die twee klagte, veral omdat ’n minderjarige ’n klaer is.

“Dit is ook nie in openbare belang dat die beskuldigde borgtog kry nie, want ons duld nie meer geslagsgeweld nie,” het Van Wyk gesê.

Hy het ’n verklaring van die 19-jarige klaer voorgelees waarin hy geen beswaar teen die beskuldigde se borgtog maak nie, maar wel voorwaardes stel.

“Ek wil hom nie in my omgewing of kontak met hom hê nie. Hy moenie vir my teksboodskappe stuur nie. Ek wil nie van hom hoor of hom sien nie. Hy moenie by ’n ander skool onderrig gee nie,” lui die verklaring.

Die beskuldigde het in ’n heserige stem gesê hy is nie meer ’n onderwyser is nie, maar het wel Vrydag bedank.

“Ek sal nie meer naby die skool wees nie,” het Kamatuka gesê.

Die staatsaanklaer het gesê buiten die verklaring van die 19-jarige klaer is daar nóg verklarings wat bygevoeg sal word met tot dusver sewe verklarings wat by die hof ingedien sal word.

Die landdros het gelas Kamatuka bly in aanhouding en het die saak tot 5 Maart vir verdere polisieondersoek uitgestel, asook vir die beskuldigde om regsverteenwoordiging te kry.

“My raad aan jou is dat jy nie tot jou volgende hofverskyning hoef te wag vir jou borgtogaansoek nie. Jy kan enige tyd vir borgtog aansoek doen,” het die landdros gesê.

Die beskuldigde het aangedui dat hy ’n private regsverteenwoordiger sal bekom.

Op pad terug na die aanhoudingselle het Kamatuka joernaliste gedreig wat foto’s van hom geneem het.

Intussen het ’n protesoptog onder leiding van die Namibië Nasionale Studente-organisasie (Nanso) gisteroggend by Jan Möhr Sekondêre Skool voortgeduur.

Die visepresident van Nanso, mnr. Gregory Madi, het aan optoggangers gesê die vorige klagte wat deur ’n 17-jarige leerling teen Kamatuka in 2013 aanhangig gemaak is, is destyds teruggetrek.

REGISTER VIR SEKSOORTREDERS

Die Landless People Movement (LPM) se jeugliga het in ’n verklaring aan die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn voorgestel om ’n register vir seksoortreders te voorsien om wetstoepassers en menslike hulpbronnedepartemente te help om oortreders te identifiseer.

Die Popular Democratic Movement (PDM) het op sy beurt geëis dat ander onderwysers “met seksuele innuendo’s” se koppe moet rol.

[email protected]

Soortgelyk

 

Vrou woon in haar motor by hospitaal

7 ure gelede | Mense

Henriette Lamprecht – 'n Bejaarde vrou van die kus woon die afgelope week in haar motor in die parkeerterrein van 'n staatshospitaal in Windhoek om...

Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker

7 ure gelede | Vervoer

Francoise Steynberg – Altesaam 77 vlieëniers van Air Namibia se toekoms is onseker. Boonop het bykans 75% van die redery se vlieëniers se lisensies verval...

Ses damme voller as 100%

7 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl altesaam sowat ses Namibiese damme tans 100% of meer water bevat, oorstroom die Zambezirivier sy walle, met water wat in die...

Weer vir 24 Februarie

7 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word in Ohangwena, Oshikoto, Otjozondjupa en Omaheke verwag. BINNELAND: Sonnig en warm in die Suide en Weste, andersins gedeeltelik bewolk en baie...

'Swak bestuur rede vir Meatco se krisis'

7 ure gelede | Byvoegsels

Ellanie Smit - Volgens ’n verslag wat aan die ministerie van staatsondernemings (SOE's) voorgelê is, staar Meatco likwidasie in die gesig indien hy nie kostes...

Hof kry Heritage Health voor stok

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die mediese fonds Heritage Health het 'n bloutjie in die hoërhof geloop nadat hy sy jaarlikse premies wou verhoog, maar dié stap...

'IEB in nuwe formaat is hier om te bly'

7 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die nuwe leerplan vir skole in Namibië wat die Onafhanklike Eksamenraad (IEB)-stelsel volg, is vergelykbaar met die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat (SSS)...

#Indigiwalk Namibia in die pyplyn

7 ure gelede |

Augetto Graig – Die pad na 'n beter wêreld is eensaam en lank en mnr. Craig (Q7) Beckett, 'n Suid-Afrikaanse Khoisan-jagter, geneser en menseregte-aktivis, sal...

‘Geen personeel betrokke by stropery’

7 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het bevestig dat geen van sy personeel by wildstropery betrokke was nie en stropery het...