Dis die Harambee-span vs. die Swapo-span

Spanningsvolle kongres breek aan
Estelle de Bruyn
Die aanloop na die kongres was uitmergelend en verdelend.

Dit is gekenmerk deur persoonlike aanvalle, vals nuus, etniese- en stamgebonde uitlatings, wilde gerugte en oor-en-weer beskuldigings van vuil spel en voortrekkery.

Die twee kampe wat mekaar die stryd aansê, is die Harambee-span onder leiding van pres. Hage Geingob met sy voorkeurkandidate, en die Swapo-span, wat 'n kombinasie van die ou garde en nuwe bloed as kandidate aanbied.

Die Harambee-span bestaan uit Geingob, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, me. Sophia Shaningwa en mnr. Marco Hausiku. Die Swapo-span bestaan uit mnre. Nahas Angula, Helmut Angula en Armas Amukweyu, asook me. ­Pendukeni Iivula-Ithana, Petrina Haigura en Martha Namundjebo-­Tilahun.

Politieke kommentators sê dit is nie noodwendig wat by die kongres gebeur wat blywende gevolge sal hê nie, maar eerder hoe dinge in die nadraai van die kongres ontwikkel.

Diepe kommer bestaan oor veral etnisiteit en stamgebondenheid wat sy kop in Swapo uitgesteek het. Sommige kommentators sê die kandidature van mnre. Nahas Angula en Helmut Angula is niks anders as 'n OshiNdongo-aanslag op die presidentskap nie.

“Die eerste president, mnr. Sam Nujoma, was 'n Okandjera, die tweede, mnr. Hifikepunye Pohamba, was 'n Kwanyama en die derde, Geingob, 'n Damara. Baie OshiNdonga-mense voel hulle is verkul, en moes voor 'n nie-­Oshiwambo-sprekende kandidaat die kans gegun gewees het om die land te lei,” het 'n kenner aan Republikein gesê.

“Swapo was nog nooit etnies georiënteer nie. Die party loop egter nou die gevaar om in hierdie strik te trap met faksies wat langs etniese lyne gevorm word.”

Ander gesaghebbende bronne met wie Republikein gesels het, is egter van mening dat dit veel eerder oor 'n stryd tussen botsende persoonlikhede in die party gaan.

Hoe dit ook al sy, die proses is nou in die afgevaardigdes na die kongres se hande wat onder die wakende oog van die gerespekteerde regsgeleerde, mnr. Sisa Namandje, op 'n demokratiese wyse hul stemme moet uitbring en die kandidate van hul keuse moet aanwys.



Só is die kongres saamgestel

Volgens Swapo se sekretaris-generaal, mnr. Nangolo Mbumba, bepaal die party se grondwet die samestelling van die kongres. Al 84 lede van die sentrale komitee is afgevaardigdes. Die vleuels van die party stuur ook hul eie afvaardigings. Die vroueraad stuur die meeste afgevaardigdes naamlik 20, uitgesluit die sekretaris van die raad, wat as lid van die sentrale komitee outomaties afgevaardig is. Die raad van oudstes, die ­jeugliga en die Nasionale Unie vir ­Namibiese Werkers (NUNW) stuur 16 afgevaardigdes elk.

Uit die 14 streke nomineer Swapo se uitvoerende komitees elk 10 lede om die kongres by te woon wat in totaal 140 afgevaardigdes oplewer. Hierbenewens kom vier verteenwoordigers elk uit die 121 kiesafdelings, wat altesaam 484 afgevaardigdes is.

Die party se grondwet maak ook voorsiening vir 30 spesiaal uitgenooide afgevaardigdes wat aan al die verrigtinge van die kongres kan deelneem, maar nie stemreg geniet nie.

Ná afloop van die kongres en die aanwysing van die sentrale komitee, verkies die sentrale komitee uit eie geledere die politburo wat uit 24 lede plus die voormalige presidente bestaan.



Die kandidate:

Tydens 'n onlangse vergadering van die party se sentrale komitee is die volgende kandidate genomineer:

•Dr. Hage Geingob, en mnre. Jerry Ekandjo en Nahas Angula vir die posisie van president.

•Me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, mnr. Helmut Angula en me. Pendukeni Iivula-Ithana vir die posisie van visepresident.

•Me. Sophia Shaningwa en mnr. Armas Amukweyu vir die posisie van sekretaris-generaal.

•Mnr. Marco Hausiku, me. Petrina Haingura en me. Martha Namundjebo-Tilahun as adjunksekretaris-generaal.



Wie is wie?

Dr. Hage Geingob

Hage Gottfried Geingob is op 3 ­Augustus 1941 gebore. Hy is Namibië se derde en huidige president. Op 4 Desember 2012 stel Pohamba hom as eerste ­minister aan. In die ­nasionale ­verkiesings op 28 November 2014 word Geingob met 'n oorweldigende ­meerderheid van 87% stemme tot president van Namibië verkies en op 21 Maart 2015 word hy as staatshoof ­ingesweer.



Nahas Angula

Nahas Gideon Angula is op 22 Augustus 1943 op Onyaanya in die Oshikotostreek gebore.

Hy was van 1965 tot 1989 in politieke ballingskap.

Toe Pohamba op 21 Maart 2005 as staatshoof ingesweer word, stel hy Angula as eerste minister aan. Nadat Geingob as Swapo se visepresident in 2012 herkies is, en gevolglik as presidentskandidaat vir die nasionale verkiesing van 2014 verseker was, wys Pohamba vir Geingob as eerste minister aan en stel hy Angula as minister van verdediging aan - 'n pos wat hy tot sy uittrede in Maart 2015 beklee.

Angula het hom nie vir die nasionale verkiesing in 2014 verkiesbaar gestel nie.



Jerry Ekandjo

Jerry Lukiiko “Maudjuu” Ekandjo is op 17 Maart 1947 in Windhoek gebore en het op Okahandja grootgeword.

Hy was een van die stigterslede van Swapo se jeugliga en een van die aktiefste binnelandse leiers van Swapo gedurende die jare van die bevrydingstryd. Hy is in 1973 aangekla daarvan dat hy geweld aanstig en is vir agt jaar as politieke gevangene op Robbeneiland aangehou.

Ekandjo dien in die Namibiese kabinet sedert onafhanklikwording en beklee tans die posisie van minister van sport, jeug en nasionale diens, 'n posisie wat hy sedert 2012 beklee.

By 2014 se Swapo-kongres om kandidate vir die nasionale verkiesing aan te wys, behaal Ekandjo nie genoeg stemme om Swapo se partylys te haal nie. Met Geingob se aankondiging van sy nuwe kabinet in 2015 bring hy Ekandjo terug na die NV in een van die setels wat die president moet vul. Geingob het hom heraangestel as minister in die posisie wat hy voorheen beklee het.



Netumbo Nandi-Ndaitwah

Netumbo Nandi-Ndaitwah is op 29 Oktober 1952 op Onamutai in die ­Oshanastreek gebore en dien tans as adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking.

Sy het in 1974 in ballingskap gegaan en in Zambië by Swapo aangesluit waar sy tot 1975 by Swapo se hoofkantoor in Lusaka werk.

Geingob het haar in Maart vanjaar tot adjunk- eerste minister bevorder met behoud van die portefeulje van minister van internasionale aangeleenthede en samewerking.

Sy is 'n lid van Swapo se sentrale komitee en politburo.



Pendukeni Iivula-Ithana

Pendukeni Iivula-Ithana is op 11 Oktober 1952 op Uukwandongo, ­Ongandjera in die Omusatistreek gebore. Sy is tans minister van binnelandse sake en ­immigrasie.

In 1974 het sy in ballingskap gegaan en een van die eerste vroulike vegters van die People's Liberation Army of Namibia (Plan) geword. Sy was aktief in Swapo se jeugliga en vroueraad, waarvan sy in 1980 die sekretaris word.

In Augustus 2014, toe Swapo sy lys kandidate vir die parlementêre verkiesing opgestel het, het Iivula-Ithana net daarin geslaag om die 86ste posisie op die lys te behaal, wat dit onwaarskynlik vir haar sou maak om tot die Nasionale Vergadering verkies te word.

Geingob het haar egter as een van sy agt aanstellings in die ­Nasionale ­Vergadering benoem en in Maart 2015 haar heraangestel as minister van ­binnelandse sake en immigrasie.



Helmut Angula

Helmut Kangulohi Angula is op 11 November 1945 op Ontananga in die ­Oshikotostreek gebore. Hy het in 1963 by Swapo aangesluit.

'n Vakature op Swapo se lys van lede vir die NV bring mee dat Angula in ­November 2007 as lid van die NV ingesweer word. In April 2008 word hy minister van werke en vervoer, 'n posisie wat hy tot Maart 2010 beklee.

Angula is 'n lid van die Swapo se sentrale komitee en politburo en dien ook as sekretaris van inligting en mobilisasie.

– Bykomende bronne: Wikipedia/GRN-webtuiste/Swapo-webtuiste

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.36/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.48% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.90/BBP UP +0.01% | Platinum US$ 910.45/OZ DOWN -0.0059 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.36/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.48% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.90/BBP UP +0.01% | Platinum US$ 910.45/OZ DOWN -0.0059