Diplomaat van Namibië toets positief vir Omicron in Japan
Japan se hoofkabinetsekretaris Hirokazu Matsuno het bevestig 'n diplomaat van Namibië in sy dertigs het positief vir die Omicron-variant getoets. Die man het Japan via die Narita-lughawe naby Tokio binnegekom. Dit volg nadat Japan se eerste minister, Fumio Kishida, sy grense vir alle buitelanders gesluit het. - Reuters
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie