Dineo kan vloede bring, waarsku weerkantoor
Elvira Hattingh - Die Namibiese weerdiens het pas (Vrydagmiddag) tydens 'n nuuskonferensie in Windhoek gewaarsku dat die tropiese depressie wat op Namibië afstuur, die land môre kan tref en stortreën gepaard met stormsterkwind tot gevolg hê.
Die tropiese depressie is die nagevolg van sikloon Dineo wat soos dit ooswaarts oor suidelike Afrika beweeg, stoom verloor en in intensiteit afneem.
Hierdie toestande kan van môre tot Maandag voortduur en neerslae van tussen 50 en 100 mm word verwag.
Die ministerie van werke en vervoer, waaronder Namibië se metereologiese of weerdienste val, het reeds noodmaatreëls in streke soos Khomas, Hardap, Otjozondjupa, Omaheke, Zambezi en Kavango-Oos- en -Wes ingestel, sê die hoofweervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi
Een van die vrese is dat dit nodig sal wees om die Hardapdam se sluise oop te trek, wat daartoe kan lei dat die westelike deel van Mariental oorstroom.
SO ONTSTAAN TROPIESE SIKLONE
Dit word in die trope naby die ewenaar gevorm waar uiters vogtige lug en hitte oor die see gekonsentreer is. Die watertemperatuur moet sowel bedags as snags minstens sowat 27 grade Celsius wees.
Die verdamping van die warm water maak die lug baie vogtig, en winde wat in verskillende rigtings oor die see waai, begin massas warm, vogtige lug na mekaar toe druk. Hierdie verskynsel word konvergensie genoem.
Wanneer die lugmassas bots, begin die lug in die middel opstyg en word ’n sterk stygwind gevorm. Hoog in die lug verkoel die vogtige lug van die stygwind en ontstaan piepklein druppeltjies water. Hierdie waterdruppeltjies vorm wolke.
Groot donderwolke begin saampak en donderstorms ontwikkel. Nog donderstorms ontstaan namate meer konvergensie en nog stygwinde voorkom. As die donderstorms hulself nie uitwoed nie, "koek" dit saam en vorm 'n formasie bekend as 'n tropiese steuring.
Nog baie donderstorms sluit hulle by die steuring aan, en hierdie weerverskynsel raak groot genoeg om beïnvloed te word deur kragte wat deur die wenteling van die aarde om sy as opgewek word. Die tropiese steuring begin spin en word ’n draaikolk van donderstorms.
Stygwinde trek voortdurend nog meer lug in die steuring in. Sodra die winde teen ’n konstante nagenoeg 40 km/h begin waai, raak die storm ’n sogenaamde tropiese depressie. Die tropiese depressie raak steeds kragtiger en word ’n tropiese storm wanneer die windsnelheid omtrent 65 km/h bereik.
Die warm, vogtige lug in ’n steuring, depressie of storm kan te eniger tyd begin "opraak" en dan sal die onstuimigheid algaande bedaar of ophou. Indien dit egter steeds hewiger raak en die windsnelheid nagenoeg 120 km/h bereik, noem ons dit ’n tropiese sikloon of orkaan.
*Bron: http://www.mieliestronk.com/orkaan.html

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie