Diens: Is dit iets wat jy op brood smeer?
Ek het verlede naweek in een dag weer eens beleef dat die woord “diens” in Windhoek en ek glo stellig in die hele Namibië, mense verwar. Niemand weet wat dit beteken of wat hulle daarmee moet doen nie. Dit kan jy sommer in die gesigsuitdrukkings van werknemers sien.
Vroeg die oggend is ek eers na 'n hardewarewinkel in die middestad. My huis se geut lek en die reën is op pad. Ek betaal vir die ses meter lange geut en die baie vriendelike vrou verduidelik ek moet dit net oorkant die straat by die depot gaan oplaai. Dit klink maklik genoeg.
Daar aangekom, verduidelik die veiligheidswag die geute is binne-in die gebou. Ek stap soontoe verby 'n bakkie waarin een man sit en twee buite staan en gesels. Nog 'n groep van vyf mans staan 'n entjie van die ingang van die gebou af en gesels. Almal van hulle het hemde met die maatskappy se naam op wat tog wys hulle is in diens van die maatskappy. Of só het ek gedink.
Ek stap verby almal na binne en begin roep. Niks en niemand antwoord of daag van iewers af op nie. Ek besluit om nie my tyd te mors nie, haal 'n geut van die rak af en begin uitstap. Die bakkie het intussen gery en die twee mans staan steeds op dieselfde plek. Ek moet tussen hulle deurloop. Albei gee 'n tree terug om vir my en die ses meter lange geut plek te maak.
“Dankie vir jul hulp en uitstekende diens,” sê ek vir hulle. Gehelp word daar egter nie, eerder nog 'n tree terug gegee.
Ek kom by die veiligheidshek waar nog 'n man met die maatskappy se hemp aan staan. Ek bedank hom weer eens vir die puik diens. Tóé wil hy help!
“Regtig, meneer, nou is dit bietjie laat. Vat asseblief net die papier en stempel dit sodat ek die ding in my bakkie kan laai en kan gaan.”
Ek was toe al redelik gatvol.
Hy kom terug met die papier, druk dit in my een hand en 'n pen in die ander en sê: “Mevrou moet dit teken.”
Hier staan ek met 'n ses meter lange geut op my skouer waaraan ek vasklou en ek moet teken!
Ek was verstom. Dié plek sien my vir seker nooit weer nie!
Tyd vir petrol ingooi by die vulstasie. Ek stop. Vier petroljoggies sit op 'n muur in die skaduwee. Een is darem besig om 'n ander voertuig te help. Die ander sit en sit. Skielik begin hulle onder mekaar baklei oor wie se beurt dit nou eintlik is om op te staan en te help. Dit is 'n harde oor-en-weer gegil, totdat die een man maar ingee en aangekruip kom.
Hy was nie die venster of kyk na die olie en water nie. Hy staan en hou die petrolpyp vas.
Dis nie lank nie of 'n ander voertuig stop langs my.
“Wonder wat gaan nou gebeur,” dink ek, en sowaar, die manne begin weer op mekaar gil en skreeu totdat een opgee en sy agterstewe lig en aangekruip kom.
“Ek is baie jammer dat my petrol op is en ek nou vir julle moes laat opstaan om jul salarisse te verdien. Julle weet seker julle word betaal om te werk en nie om in die skaduwee op 'n muurtjie te sit en te baklei oor wie sy geld gaan verdien en wie nog bietjie gaan sit nie.”
Ek voel as julle nie wil werk nie, gaan sit onder 'n boom en gee mense wat regtig wil werk 'n kans.
Of dalk moet ek eerder my standaarde verlaag en net bly wees oor die diens wat nie bestaan nie!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie