Die wêreld volgens Swapo
Die regerende party se onhoudbare posisie oor die voortgesette teenwoordigheid van die voormalige minister van onderwys, kuns en kultuur in die Nasionale Vergadering is tekenend van dubbele standaarde en die vreemde wêreld waarin Swapo woon.
Die verdediging van me. Katrina Hanse-Himarwa se benoeming tot twee parlementêre komitees spreek boekdele.
Volgens Swapo het ‘n openbare klagskrif niks met die party te doen nie. In watter wêreld? Een sonder aanspreeklikheid. Laasjaar se verkiesingsuitslae behoort groter insig te gebring het.
Volgens eerste minister Saara Kugongelwa-Amadhila kan die uitvoerende gesag nie by die wetgewende gesag inmeng nie. Tog is Swapo mede-verantwoordelik vir verkose en benoemde lede se gedrag. Só maklik kan nie agter die skeiding van gesagte geskuil word nie.
Die Nasionale Vergadering sê dis nou maar hoe die huis se reëls werk.
Anders as Hanse-Himarwa is die beskuldigdes in die Fishrot-skandaal nog nie skuldig bevind nie. Hulle is wel vervang.
Die feit dat die parlement in die doodsnikke van sy termyn is, kan nie as verskoning dien om nie die eerbare voorbeeld te stel nie.
Ongelukkig het Hanse-Himarwa se gedrag tydens haar vervolging geen nuwe vriende vir haar of die party gewen nie. En Swapo het groot dele van die Suide-stem verloor.
Hoër maatstawwe moet in die politiek geld as ‘n tweede kans ná ‘n raps oor die vingers vir ‘n “klein sondetjie”. As regerende party het Swapo die mag om streng op te tree en indien nodig sy eie reëls en dié van die parlement te verander.
So sê ander
1 Maart 2020
We’ve Ignored the Warnings About Global Pandemics
Back in 2002, when the SARS virus made its fateful leap from bats to civet cats to humans, global health experts warned that the ensuing outbreak was a harbinger of things to come.
But SARS was quickly contained. The disease faded from public consciousness and, with it, any sense of urgency over future outbreaks.
In 2009, when swine flu first emerged in the United States experts warned again that a longer-term game plan was needed, one that was proactive rather than reactive. Again, the outbreak proved mild and passed quickly. Again, the world and its leaders moved on without heeding the warnings.
The panic-then-forget cycle was broken briefly in 2014, when Ebola tore through West Africa.
Here we are again. SARS-CoV-2 has now infected more than 83,000 people across more than 50 countries. Nearly 3,000 people have died.
Global health experts are once again sounding the alarm. It’s unclear how bad things might get this time around.
Despite many warnings over many years, we are still not ready. Not in China. Not in Africa. Not in the United States.
• THE NEW YORK TIMES

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie