Die wêreld is dalk klein, maar nie vir almal nie
Selfs mense wat niks van boks hou of enige waardering daarvoor as 'n sport het nie, het waarskynlik al kennis geneem dat 'n Namibiër met die naam Julius Indongo komende naweek 'n geveg in Amerika het en dat dit soort van 'n big deal is.
Boksers wen wêreldtitels en verloor dit weer, maar die titel “voormalige wêreldkampioen” volg sulke manne vir die res van hul lewens. Of loop hulle vooruit, eerder. Dit is 'n groot prestasie en mense kyk met ander oë na sulke vegters.
In die hedendaagse era waarin veelvuldige “wêreldbeheerliggame” met hul eie reëls en kampioene die sport in 'n mate verdeel, gebeur 'n geleentheid soos komende naweek baie selde – dat twee vegters ontmoet om die vier betekenisvolle wêreldgordels te verenig sodat net een onbetwiste kampioen staande bly.
Van elke Namibiër word dit mos vereis om patrioties te wees en ek sal vroeg Sondagoggend gewis voor 'n skerm iewers wees en met alles
in my wese hoop dat ons man Indongo triomfeer.
Eerlikwaar dink ek egter die kans dat Indongo sal wen, is bitter skraal. En dit is ondanks sy laaste twee gevegte waarin hy my reeds op my neus laat kyk het.
'n Uitstaande bokser is hy wel, maar Terence Crawford is nie verniet in die kenners se topvyf of toptien vegters oor al die gewigsklasse heen nie. Die Amerikaner is werklik van die hoogste gehalte en daar is goeie rede hoekom die beroepswedders bereid is om elf-teen-een uit te betaal as die Namibiër op watter manier ook al 'n skokuitslag in sy guns sou beklink.
Liefhebbers van boks floreer mos op die onvoorspelbaarheid in die opbou na 'n geveg . . . So, sê nou Indongo wen?
In daardie geval sal dit veilig wees om sy prestasie met van die héél bestes te vergelyk: die nommer een skokuitslag van wêreldboks in 2017 heel waarskynlik. En een van die mees betekenisvolle oorwinnings ooit deur 'n bokser uit 'n Afrikaland op Amerikaanse bodem.
Laasgenoemde is inderdaad 'n groot lofprysing as 'n mens in die meer onlangse jare terugblaai. Onthou, daar was onvergeetlike Afrikaboksers soos Brian Mitchell (45 gewen, een verloor) en wyle Corrie Sanders (42-4) van Suid-Afrika; Azumah Nelson (39-6-2) en Ike Quartey (37-4) van Ghana, of John (The Beast) Mugabi (42-7-1) van Uganda wat heelwat sukses in die Verenigde State behaal het.
Klop hy vir Crawford, sal vergelykings met die beste dae van Indongo se roemryke landgenoot, Harry Simon, aan die orde van die dag wees.
Onthou dat Harry nooit sy kans in Amerika gekry het nie. In sy fleur het hy wel 11 van sy 30 oorwinnings in Brittanje behaal, insluitend een in 'n stadion wat Wembley genoem word.
Selfs indien die Blou Machine dié geveg verloor en beide sy huidige wêreldtitels moet afstaan, sal 'n skaflike vertoning vir 'n klompie rondes 'n uitmuntende getuigskrif vir hom en sy land Namibië wees.
Volgens my kan Indongo selfs bekostig om in 'n later ronde uitgeslaan te word – solank hy nie blywende liggaamlike skade ly nie, sal dit steeds grootliks tot sy aansien in die sport bydra – byna soos wat Wladimir Klitschko meer respek vir sy vertoning tydens sy nederlaag teen die jonger Anthony Joshua gekry het as in die jare wat hy as kampioen almal verveel het.
'n Mens moet Indongo se onverskrokkenheid en kalm selfvertroue bewonder, om sy onoorwonne rekord só in die weegskaal te plaas. Sy geloof en lojaliteit om nie te eens te oorweeg om te wil inmeng met sy jare lange afrigterspan wat hom tot hier gebring het nie, spreek ook boekdele.
Wat hy reeds sonder twyfel reggekry het, is om aan elke landgenoot, oud en jonk, te wys dat selfs onmoontlike drome waar kan word – mits jy aanhou werk en voorbereid is om jou kans aan te gryp - selfs as jy jare daarvoor moet wag sonder om noemenswaardige erkenning te kry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie