Die TT, die tiener en menopause
Die TT, die tiener en menopause

Die TT, die tiener en menopause

Jo-Mare Duddy Booysen
“Jy's eintlik baie geseënd,” tik Grietatjie my in haar troosstem oor die vingers terwyl sy haar skoene uitskop en nog 'n blokkie ys in die glas laat klingel.

“Dis nie aldag dat 'n mens verstaan wat in 'n ander kop aangaan nie. Veral nie in sulke moeilike tye nie,” probeer sy my moed inpraat.

Ek verstaan nie.

Huil dan juis op haar skouer omdat ek nié verstaan nie: Nie my menopouse-selwers nie, nie my tienerseun wat pas vir die soveelste keer sy kamerdeur toegeklap het nie en ook nie my tweeterreur-kleinseun (TT) wat iewers in die kombuis al weer 'n vloermoer gooi nie.

My seun se hormone begin nesskop, myne pak hul tasse en kleinman se gormone – die meesters van geite – saai oral amok.

“Julle is almal maar net ongemaklik in jul eie vel,” peins sy en teug aan die nádag lafenis.

“Grote Griet! Só het ek nog nog nooit daaraan gedink nie,” sluk ek half skepties, half dankbaar aan dié insig.

Ongemaklik, beslis. Sien ek telkens as ons drie baklei vir 'n spieëlbeurt: Ek bang vir nóg 'n plooi, tiener paniekerig oor nóg 'n puisie en kleinman om te pryk.

Want hy weet darem nou die pragtige mensie wat vir hom terugkyk, is hy. Maar hy wonder nog wie hy is.

“Toemaar, boetie,” paai ek. “Ons ook.”

Magrietjie tuur diep in die goue koelte soos iemand wat die toekoms soek.

“Dis die tyd van groot verandering. En niemand hou van verandering nie: Nie as jy twee is nie, nie as jy 13 is nie en beslis nie as jy 53 is nie. Dis hard, hartseer en hartstogtelik,” mymer sy.

En dan, helder: “Jy werk dan elke dag met dié soort goed. Dis op en af en op en af . . . nes die aandelebeurs.”

“Is waar,” sug ek. “Een dag is Steinhoff, die ander NamBrew.”

As die bul die dag woel, wil jy die lewe by die horings pak. Brom die beer, beur jou gedagtes resessie, soms depressie se kant toe.

“Wag nou!” roep sy hokaai vir my frons toe die heavy metal onaards uit die tiener se kamer begin grom.

“Soos jy, is hy maar net beduiweld vir die wêreld.”

“Is seker so,” mompel ek. “Swaarmetaal vir 'n swaar gemoed.”

“Doef-doef, Ouma!” kom kleinman opgewonde aangehardloop. En vir 'n oomblik streel die onrusbarende klanke die kwaai in my.

Saam met die oornagse verandering kom moerigheid – vir alles en almal, maar veral vir jouself.

Vir ons al drie is die wêreld meteens vreemd en pas ons nie lekker in in plekke waar ons gister nog heel tuis was nie.

Het ons nie antwoorde vir al die hoekoms, waaroms en waarheens nie. Ander mense ook nie.

Vra ons elkeen op ons eie manier hoekom die lewe so onregverdig is. Hoekom daar iets soos seer is. En wonder ons: “As ek nie beheer is nie, wie is?”

“Tyd is die groot gelykmaker, Josie,” gooi Grieta die laaste wit in haar keel af, trek haar skoene aan, vryf my bemoedigend oor die kop en kies koers hek toe.

“Jy's reg,” dink ek terwyl haar kar wegtrek.

“Maar vir nou is nou nóú.”

En dis tyd vir drie geslagte om plat op die kombuisvloer te sit en roomys, sommer so uit die bak, sáám te eet.

Sonder dat ek wroeg oor waar dit om my middel(jarige)lyf gaan sit en sonder dat tiener oor sy vel 'n karbonkel uitslaan. Die laaste ding waaroor kleinman hoef te worrie, is suikerstuipe.

Dis sy ma se probleem.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.79 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.40/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.55% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.94/BBP UP +0.05% | Platinum US$ 912.93/OZ DOWN -0.0032 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.79 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.40/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.55% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.94/BBP UP +0.05% | Platinum US$ 912.93/OZ DOWN -0.0032