Die taal wat ons praat
Die taal wat ons praat

Die taal wat ons praat

[email protected]
Sanet de Waal
Thusie Gamibes

Sommige mense sê Afrikaans is vol vreemde verskynsels, maar vir my – as ’n Damarasprekende – is dit nie só vreemd nie.

Reeds in die wieg het my kennismaking met Afrikaans begin. Nes moedersmelk was die taal deel van my grootwordjare. Dis nou ’n taal soos enige ander taal wat my ’n regverdige kans in die lewe gee.

Selfs in die swartgemeenskap lê Afrikaans se wortels diep en het die taal hom so kom tuismaak dat feitlik al die swarttale in die land van hom leen.

Ek is op skool in Afrikaans onderrig en dit was die taal waarin ek en my maats op Khorixas gesels het.

Nou is dit die lekkerste ding dat ek in my eie Afrikaans ook my leerlinglisensie kan skryf wat ek al sewe keer gedruip het. . .

In Katutura is Afrikaans sekerlik ook die gewildste omgangstaal tussen die verskillende bevolkingsgroepe.

Daar is wel diegene wat nie Afrikaans praat nie, maar hulle is yl gesaai. Loop jy Herero of Tswana of ander Namibiese swarttaalsprekendes raak, is die omgangstaal feitlik sonder uitsondering Afrikaans.

’n Paar van my ou skoolmaats is vandag getroud met andertaliges en Afrikaans, as taal, is die direkte oorsaak daarvan. As kinders wat in Suidwes-Afrika gebore is, is dit tot vandag die voertaal met die mooiste woordjies.

Ek dink vandag nog in Afrikaans. Ná jare van lees en gebruik, skoolonderrig en skryf in Afrikaans, val die woorde seepglad uit my mond. Party dae beter as op ander dae.

So op ’n dag het ’n kliënt my gebel oor ‘n ou koerantberig waarna sy gesoek het. Nadat ek dit vir haar gevind en ‘n afdruk gemaak het, kom sy my die volgende dag besoek. Sy stap in die biblioteek in en sê vir my: “Ek soek na Thusie.”

Groot was haar verbasing toe ek vir haar sê ek is Thusie. Sy het heeltyd gedink dis ’n wit Afrikaner waarna sy soek. Ons twee kon darem heerlik daaroor lag.

In vandag se Namibië is Engels mos deesdae die amptelike taal en jy moet hom kan skryf en soms noodgedwonge praat. Maar gelukkig wanneer dit by gesels kom, bly jou keuse meestal nog jou eie.

As my kleinkinders vir my kom kuier, is dit net Engels, en dit laat my skoon ongemaklik voel. Al die “Good morning Granny, can I have tea please?”

Dis nou die vinnigste wat ek hulle terug huis toe stuur. Dit wil dan vir my voel hulle is nie familie nie, maar miskien vreemdelinge. By die bottelstoor het ons ook net Afrikaanse wyn gekoop, want dit was lekker om op Afrikaanse rooiwyn te kuier.

Dankie Afrikaans! Ek gesels, droom, dink, bid en drink lekker in die taal en wanneer ons glasies klink en die arms vir ewig lig. As Damara/Nama kan ek sowaar nie eens in my eie taal skryf nie! Gee my dan liewers Afrikaans, dankie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A