Die stryd teen korrupsie begin by jou
Augetto Graig – Dit is so maklik om jouself oor die domino-effek van korrupsie te misgis en hoe dit gekoppel is aan elke aspek van ons daaglikse lewe.
Ons weet goed hoe onregverdig die samelewing is, met die huidige stelsel wat die rykes net ryker maak en die armes op verskillende maniere onderdruk.
Gegewe dié situasie kan mens maklik dink ’n oplossing is om iets goedkoper aan te skaf as die geleentheid hom voordoen.
In die huidige ekonomiese omstandighede kan mens dit maklik regverdig om kortpad te neem, of reëls te buig of breek om elke sent verder te rek.
Die probleem word duideliker as mens dink oor hoe so ’n situasie ontstaan.
Goedkoop produkte wat op straat gesmous word, is dikwels in die eerste plek gesteelde goed of is op ’n onwettige of onetiese manier aangeskaf.
Iemand is iewers te na gekom om so ’n geleentheid moontlik te maak.
Iewers het iemand aan die kortste end getrek.
Boonop is die mark vir dié tipe produkte noodsaaklik vir die voortbestaan van onwettige en onetiese praktyke.
Elkeen wat aan die proses deelneem, is verantwoordelik vir die voortbestaan van hierdie praktyke.
Dit is elke mens se verantwoordelikheid om sy eie dade te oorweeg en om te verseker dat als wat mens doen nie iemand anders benadeel nie.
Ons is saam in hierdie wêreld en een of ander tyd sal dit so swaar gaan dat ons mekaar nodig het net om te oorleef.
Om vir hulp te vra, of om hulp te aanvaar, is soveel moeiliker vir dié wat nog nooit ander gehelp het nie.
Wanneer geen hulp beskikbaar is nie, moet mens maar op jou eie hulpbronne staatmaak.
Een van die belangrikste hulpbronne waaroor elke individu beskik, is selfkennis.
Iemand wat opreg leef en doen wat goed en reg is, sal makliker deur swaar tye kom as iemand wat oneerlik met homself is.
Hoekom? Omdat ons onderbewuste al ons ervarings onthou en als wat ons doen, oordeel.
As ons besluit ons het iets goed gedoen, stel dit meer innerlike hulpbronne beskikbaar om die stryd om oorlewing aan te pak. Die teenoorgestelde is ook waar.
Dus is dit van die uiterste belang dat ons altyd ons bes probeer. Ons moet vir ons eie beswil doen wat goed en reg is.
Selfs die glipsies en die klein oortredings word onthou en het innerlike gevolge.
As ’n mens van binne af bankrot raak, is die lewe ellendig.
Om die lewe te maak wat dit moet wees, is ’n goeie ervaring, ons moet ons eie menswees bewaar.
Dit is ook waar die stryd teen korrupsie begin. Binne. By jouself.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie