Die stryd om ‘n dak oor die kop
SUMSARÉ SKRYF:
Diegene wat gereeld die koerant koop, sal hul herinner dat ek sowat drie jaar gelede 'n groot probleem, bespreking of voorspelling gehad het aangaande die verhuringsmark.
U sal u ook herinner dat agente, huurders en verhuurders daarop geantwoord het.
Ek het daardie tyd voorspel, en diegene wat my persoonlik ken, sal dit beaam, dat hierdie sogenaamde verhuringsmark nog in duie sal stort.
En ja . . . Daar het dit gebeur!
Maar die helfte van die huurhuise se pryse het nog nie afgekom nie. Jul huise kan nog maar leegstaan of verniel word deur huurders wat in en uit trek. Elke liewe jaar!
Verkopers kan ook beaam daar is geen beweging in die huismark vir huise oor N$3 miljoen nie. Die huise wat nog verkoop, kry nie meer so maklik 'n verbandlening nie.
Maar steeds sweer sommige van die banke en agente die pryse styg. Hygend hert! Kan jy dit glo? Hehe.
Maar dankie aan die verhuurders wat na die salarismens omsien. Salarisse het byna niks gestyg nie. Bonusse het weggebly. Alles verder, petrol- en ander pryse, styg net!
Die uwe het ná drie jaar se gesoek amper ‘n ideale huis gekry, teen 'n bekostigbare prys, wat ek nou vir tien jaar kan huur, sou ek wou.
Eind goed, alles goed.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie