Die straatkind wat ’n kindergarten gebou het

Hy het ’n taxi bestuur vir die inkomste om sinkplaat vir sinkplaat Humblers op te bou.
Tanja Bause
Tanja Bause – Heel in die verste hoek aan die agterkant van die Goreangab- informele nedersetting in Windhoek staan drie kleurvolle sinkhuise.

Op die eerste een waarop talle bont kinderhandjies geverf is, staan Humblers Kindergarten Kinderland, op die ander twee bont huisies staan onderskeidelik Soup Kitchen en Mango.

In die kleurvolle speelparkie lag en juig ’n klomp klein kinders en in die middel van die huisies staan ’n vrou met ’n klein seuntjie wat aan haar been klou en probeer wegkruip.

Christian Nangolo, die stigter en eienaar van die kindergarten, praat met die ma en ná ’n tydjie bedank sy hom, vat haar seun by die hand en loop weg.

“Ons kry baie vroue wat hier kom inloer, soos dié ma. Sy het by die ander kinders van ons plek gehoor en haar seuntjie wil ook skool toe gaan. So, môre het Humblers Kindergarten nog ’n seun in die klas. Ek kan mos nie iemand die reg tot opvoeding ontneem net omdat hul ouers arm is nie.”

Christian self het geen behoorlike skoolopleiding ontvang nie en hy het nie eens ’n graad 10-sertifikaat nie.

“Ek is in Windhoek gebore en het hier grootgeword. Ek was net nooit in die bevoorregte posisie om ’n behoorlike opleiding te ontvang nie. In 1996 is my pa wat na my gekyk het, oorlede. Ek het niemand gehad om my te lei of om na my om te sien nie en ek het op die straat beland. Ek was dakloos en het op die strate van Windhoek oorleef.”

Hy het besef dat hy Engels en wiskunde in sy lewe nodig sal kry as hy sy omstandighede wil verander en verbeter.

“Ek het dit op die straat geleer en daar besef dis nie ’n goeie ding om nie opgevoed te wees nie. Ek wou my vooruitsigte verander en het ’n rybewys gekry en begin om taxi te ry sodat ek ’n inkomste kan kry.

“Met die geld wat ek verdien het, het ek begin om die straatkinders te ondersteun. Ek was ook waar hulle is en moes hulle help. Ek het ook by ’n skool in die tuin begin werk en daar die kinders gemotiveer. Ek het vir hulle gesê skool is belangrik en dat hulle van dwelms en die straat moet wegbly.”

Die skoolhoof het opgelet hoe Christian die kinders inspireer en het hom gevra om ’n oppasser in die koshuis te wees.

“Daar het ek baie geleer van kinders opvoed en oppas. Ek het na die kinders in my gemeenskap gekyk en by myself gedink ek wil nie hê dat hulle moet deurgaan waar ek deur is nie. Hulle moet ’n opleiding ontvang sodat hulle hul lewe beter kan maak.”

KINDERLAND

Hy het weer begin om taxi te ry en elke keer as hy genoeg geld gehad het, het hy sinkplate gekoop. Stuk vir stuk het hy begin om in 2014 die eerste klaskamers te bou. Vandag spog die kindergarten met twee klaskamers, ’n kombuis, stoorkamer en toilette vir die kinders.

“Ek doen ook los werk vir mense en vra hulle om in plaas van geld vir my stoele en tafels of ander benodighede vir die kindergarten te koop.”

By die Humblers Kindergarten Kinderland is twee onderwysers en drie vroue wat in die kombuis kook en skoonmaak. Al vyf dié mense is vrywilligers wat nie ’n sent vir hul werk kry nie.

“Ek het 40 kinders wat elke dag hier skoolgaan en hulle kry elke dag kos. Dan is daar nog tien borde kos vir kinders wat nie hier skoolgaan nie, maar ook honger is.

“Oor naweke gee ons vir 80 kinders kos. Hier by ons kan almal kom eet wanneer ons kos het en as ons baie het. Ek kyk altyd watter kos in die stoorkamer is en daarvolgens maak ons kos. As daar baie kos is wat bederf kan raak, gee ons vir die kinders twee maaltye; so ook as ons stoorkamer vol kos is.

“Op die oomblik is daar nie baie nie en gee ons hulle hawermoutpap.”

Hy het die naam Humblers gekies, want dis volgens hom baie belangrik dat ’n mens nederig bly.

“Wanneer jy nederig is, sal die Here jou seën. Hier by Humblers streef ons om nederige kinders, werkers en burgers op te lei.

“Kinders verdien ’n opvoeding en ek sal nooit ’n kind wegwys omdat die ouers arm is en nie kan betaal nie. Die ouers wat kan bydra, doen dit. Die probleem is as ons die kinders nie opvoed nie, sal hulle later in die lewe ’n probleem word en diegene pla wat opgevoed en suksesvol is. Hulle sal misdadigers en diewe word,” het hy gesê.

Hy wil graag die kindergarten uitbrei; nog klaskamers aanbou en vir kinders ook graad 1 en 2 onderrig gee, omdat die naaste skole baie ver is en dis gevaarlik vir sulke klein kinders om so ver te stap.

Christian se grootste kopseer is dat die wêreld meer en meer digitaal en aanlyn word.

“Hier in die informele nedersetting het ons nie eens krag nie. Hierdie kinders se ouers kan nie eens ’n skooltas bekostig nie, so niemand kan van hulle verwag om ’n tablet of slimfoon te moet koop nie. Daar is net nie geld vir sulke luukshede nie en die kinders is diegene wat op die ou einde sal sukkel en agterbly.”

RAAD

“Deesdae baklei mense in die hele wêreld en wys vingers na mekaar. Almal is kwaad oor dié of daai. Ons leiers praat net, maar aan die einde van die dag is ons almal saam in die wêreld om ’n verskil te maak.

“Ons moet dinge laat gaan en vergeet. Ek het nie toegelaat dat my omstandighede my terughou nie en het opgestaan en nou sal niks my keer om kinders op te voed nie.

“Ek wil die jeug aanmoedig om op te staan en om iets te begin doen. Dit help nie om te dink ek het geen kwalifikasies nie, of ek het die kwalifikasie, maar geen werk nie. Jy kán iets doen; dink aan iets en doen dit.”

Volgens hom is elke mens belangrik. almal kan en moet iets bydra tot die samelewing.

“Van die vloerwasser tot die baas, almal in ’n maatskappy is belangrik. Ek moedig mense aan om te doen wat hulle kan sodat hulle tot die samelewing kan bydra. Ons almal is belangrik en ons is op die aarde om ’n lig op mekaar te skyn en om mekaar te help. Dis wat ons verbind en ’n suksesvolle nasie bou.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.79 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.79 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026