Die slag van Huab
Die slag van Huab

Die slag van Huab

Des Erasmus
Des Erasmus - ‘n Riller van renosterland was die geallieerde offensief wat in die Huab-bewaringsgebied in die Noordweste vier vermeende stropers agter die tralies laat beland het.

Dit was ‘n stryd deur veldwagters bygestaan deur die plaaslike gemeenskap, die polisie, natuurbewaarders, spoorsnyers en met ligdekking deur ‘n helikopter teen indringers onder bivakmusse en gewapen tot die tande. Nadat twee skote na bewering by ‘n padblokkade op die polisie gevuur is, is drie stropers danksy spoorsnyers naby Khorixas deur die polisie in hegtenis geneem. Deurslaggewend in die eindstryd was die bystand wat uit die lug deur ‘n helikopter van die ministerie van die omgewing en toerisme gegee is.

Danksy inligting wat deur een van die eerste drie aangehoudenes verstrek is, is ‘n vierde lid van die bende op Khorixas vasgetrek. Hy was blykbaar ‘n sleutelfiguur in die beplande strooptog op die swartrenosters. Hy was die man wat die drie indringers met hul verbode, kosbare horings moes kom haal.

Die hoof uitvoerende beampte van die Red die Renostertrust, mnr. Simson Uri-Khob, het Vrydag op Uis vir Republikein die gordyn weggetrek oor wat eintlik in en om die Huab-bewaringsgebied gebeur het waar die viermanskap hul bose plan moes uitvoer. Uri-Khob het toe reeds ‘n volledige weergawe van die operasie opgestel om borge en ondersteuners van die Red die Renostertrust in te lig. Op versoek het hy die dokument ook aan die koerant van die NMH-groep vrygestel.

Hoewel die deurbraak reeds aan die begin van die maand in die bewaringstryd van die renosters gemaak is, het Uri-Khob doelbewus daarmee gewag terwyl ‘n veldsensus van die Huab se renosters ná die mislukte aanslag opgeneem is. “Hulle is almal daar,” het hy Vrydag aan Republikein gesê. Hy het ook die plaaslike gemeenskap geloof vir hul bystand en besonderhede verstrek oor hoe die lede van die kommunale gemeenskap beloon gaan word. “Sonder hul ondersteuning kon alles lelik skeefgeloop het,” het hy gesê.

Informante wat die eerste aanmeldings van die verdagte vreemdelinge gemaak het, is reeds met N$5 000 deur Ultimate Safaris, N$1 000 deur die Huab-bewaringsowerheid en nog N$5 000 deur die Renostertrust beloon.

In die verslag aan die belangegroepe skryf Uri-Khob hy was besig om sy motor vir die naweek te pak toe van die gebied se inwoners met die tyding van die drie vreemdelinge gekom het. Die indringers het twee gewere by hulle gehad en het hul gesigte onder klapmusse verberg. Die naam van nog ‘n ooggetuie is verstrek wat die drie indringers gesien het en selfs ‘n geselsie met hulle aangeknoop het. Volgens hulle was die verdagtes die vorige aand deur ‘n motor in die gebied afgelaai.

Uri-Khob het aan die laasgenoemde informant gesê hy moet net daar wag totdat hy kom. Die ministerie van die omgewing en toerisme is ingelig en versoek om ‘n helikopter te stuur. Op Khorixas was die ministerie se kantoor oor die etensuur toe, maar die polisie is versoek om met gewapende polisiemanne te kom. Binne net meer as ‘n uur was Uri-Khob, twee polisiemanne en die informante by die plek waar die drie mans gesien is en is hul spore gevolg. Later is vasgestel dat die spoorsnyers deur die vermeende stropers oor ‘n afstand van sowat ‘n honderd meter dopgehou was. Laat die middag het die helikopter op die plek geland.

Nog versterkings is van Khorixas en Palmwag ingeroep. Verskeie padblokkades is opgestel. Omstreeks 01:00 het die indringers reg op ’n padblokkade afgestap en toe weggehardloop. Dit was toe die vermeende stropers glo twee skote op die polisie gevuur het. Vroeg die oggend is die drie voortvlugtiges naby Khorixas deur die polisie en spoorsnyers in hegtenis geneem met bystand wat uit die helikopter verleen is.

Toe het die vierde verdagte uit die rigting van Otjiwarongo gekom om die stropers soos afgespreek op te laai. Hy is op Khorixas deur die polisie in hegtenis geneem.

Uri-Khob sluit sy verslag af deur op die deurslaggewende rol te wys wat die plaaslike inwoners gespeel het. “As sodanige ondersteuning nie gegee word nie, kan ons maar van die beskerming van die renosters en wild in die algemeen vergeet.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.44/OZ UP +0.33% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.56% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.99/BBP UP +0.11% | Platinum US$ 910.75/OZ DOWN -0.0056 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.44/OZ UP +0.33% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.56% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.99/BBP UP +0.11% | Platinum US$ 910.75/OZ DOWN -0.0056