Die Renaissance van kunsuitstallings

19 June 2020 | Kuns en vermaak
Kunsliefhebbers kan regstaan vir twee nuwe kunsuitstallings wat eersdaags bekend gestel gaan word. Die versamelings, getiteld The Insight of Intrusive Women en Hokverhale, gaan onderskeidelik by die Nasionale Galery (NAGN) en The Project Room uitgestal word en fokus beide op aktuele onderwerpe.

The Insight of Intrusive Women

The Insight of Intrusive Women is ’n solo-uitstalling deur Elisia Nghidishange wat lig werp op die wyses waarop vroue behandel word. Volgens die kunstenaar het vroue “liefde, versorging en vryheid om hulself in enige manier uit te druk” nodig.

Dié uitstalling dien as ’n vorm van aktivisme vir vroueregte en vir dié wat nie in staat is om vir hulle eie regte op te staan nie.

Die temas sluit onder andere deursigtigheid, die uitdrukking van emosies, doelstellings en die trotsering van ongevraagde denke en gedrag. Die versameling bied ’n kritiese blik op die vooroordele van die 21ste eeu.

Nghidishange se kuns gee simboliese betekenis aan die wyses waarop tradisionele verhale mense se sosiale dinamika beïnvloed. Haar werk is relevant ten opsigte van die huidige sosiale en ekonomiese klimaat.

Die uitstalling open op 18 Junie en duur tot 18 Julie. Die uitstalling kan besigtig word by die NAGN se boonste galery of aanlyn by www.nagn.org.na.

Hokverhale

Met dié versameling poog Rudolf Seibeb om ’n balans te vind tussen abstrakte- en realistiese uitbeelding.

Hy het sy kreatiwe roeping reeds vroeg ontdek toe hy met wasgoedpennetjies gespeel het. Sy vroeë werk toon ’n unieke styl wat steeds vandag in sy kuns sigbaar is.

Terwyl sy medium verskuif het van wasgoedpennetjies na verf, handhaaf hy ’n sterk verbintenis tussen die twee en gebruik hy steeds verskillende elemente in sy werk.

In wat beskryf word as ’n “plaaslike weergawe van Picasso se gekonstrueerde beeldhouwerk- of monteermetodes”, gebruik Seibeb stukke yster, hout en beton, asook minder konvensionele items soos dierevel en boomwortels.

Sy kuns bied ’n blik op kulturele, sosiale en omgewingskwessies soos dit deur die mense in sy gemeenskap ervaar word en gee waardevolle insig in sy daaglikse lewe.

“Kuns is iets wat uit jou binneste kom. Jy kan jou tyd gebruik om iets spesiaal te skep, iets wat alreeds in jou was,” sê Seibeb oor die kunsbedryf.

Hokverhale – Navigating a Lockdown word op 23 Junie by The Project Room bekend gestel. Die uitstalling duur tot 4 Julie. Die galery is Dinsdae tot Saterdae van 10:00 tot 13:00 oop.

Seibed sal op 27 Junie en 4 Julie by die galery wees om oor sy werk te gesels.

Soortgelyk

 

Iran: Kernkragontploffing veroorsaak beduidende skade

1 uur gelede | Internasionaal

’n Kernkragontploffing Donderdag in ’n pakhuis by die Ntanz-aanleg in sentrale Iran het beduidende skade aangerig en kan die produksie van sentrifuges vertraag wat uraan...

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

1 uur gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Covid-19 knou Media24

4 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

4 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

5 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Twee vas oor olifanttande

15 ure gelede | Misdaad

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 29 Junie tot 6 Julie is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en vier verdagtes in hegtenis geneem. Mnre. Alfred...

Kleintjies terug skool toe

15 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

15 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

15 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...