Die Neckartaldam se 'beker loop oor'

Dalk swaar reën vir komende maande

20 January 2021 | Weer
Elvira Hattingh – Terwyl 'n weerkenner meen swaar reën is moontlik in die tweede deel van Februarie en Maart vir Namibië op pad, het Neckartal se groot oomblik gister omstreeks 10:50 aangebreek toe dit eindelik begin oorloop het.

Daar is sedert Maandag al asems opgehou dat dié nuut geboude dam vir die eerste keer sou oorloop.

Teen 10:00 gister het die dam 851,02 Mm³ water bevat en was dit 99,3% vol, terwyl nog sowat 248,85 m³ water die dam elke sekonde binnegestroom het, volgens NamWater se jongste damverslag.

Die dam het sedert Maandagoggend 06:00 tot gister 10:00 altesaam 54,150 Mm³ water ontvang. Terselfdertyd het die Oanobdam ook Maandag om 08:00 begin oorloop, sê NamWater.

Die Nautedam se sluise is gister opnuut omstreeks 11:00 getrek nadat dit 106% vol was, om sowat 500 m³ water per sekonde uit te laat. Die sluise sou tot omstreeks 23:00 oopgehou word sodat die dam se vlak terug na 98% gebring kon word.

Volgens die hidrologiese diens van Namibië se vloedverslag het die Neckartaldam se invloei van water afgeneem kort voordat dit begin oorloop het. Dit het teen Maandag 12:00 nog soveel as 1 124,5 m³ water per sekonde ontvang.

Me. Pauline Mufeti, hoof van hidrologie by die hidrologiese diens, het gister gewaarsku dat die Oranjerivier asook die Visrivier se vlakke na verwagting ook gaan styg as gevolg van swaar reën en die gevolglike uitlating van water deur damme op dié riviere.

REËNVOORUITSIGTE

Die langtermynvooruitsigte vir swaar reën in die tweede deel van Februarie, asook in Maart, lyk belowend vir Namibië, met 'n vloedmoontlikheid.

Só het die onafhanklike landbou-meteoroloog, mnr. Johan van den Berg, gister in sy jongste verslag oor reënverwagtinge gesê. Hy voeg by dat swaarder reën weer vanaf die laaste week van Januarie verwag kan word – maar dit sluit Namibië se suidelike en suidwestelike dele uit.

Na verwagting sal 'n kort droogtespel nog tot minstens môre voortduur, met uitsondering van die noordoostelike dele van die land, het hy gesê.

Dit volg nadat die ministerie van werke en vervoer se meteorologiese diens gister 'n aanvullende reënbulletin vir 1 tot 17 Januarie uitgereik het.

Hiervolgens is bogemiddelde reën ontvang oor die grootste dele van die Kharas-, Hardap-, Khomas, Omaheke, Otjozondjupa-, Kavango-Wes- en Kavango-Oosstreek. In die tydperk is ondergemiddelde reën egter ontvang oor die verre Weste, Erongo-, Kunene-, en die Omusatistreek, asook ander noordelike streke.

SIKLONE DIE VYAND

“Die geskiedenis toon La Niña-verskynsels word dikwels met bogemiddelde reën vanaf Desember tot April vereenselwig. Die 2020-'21 La Niña volg ook dié patroon,” sê Van den Berg.

“Die feit dat die deel van die Indiese Oseaan rondom Madagaskar oor die afgelope maand weer warmer geraak het, beteken egter dat die waarskynlikheid op die vorming van siklone en tropiese depressies in die gebied verhoog.

“Dit kan tot droër toestande oor die sentrale en westelike dele van Suider-Afrika lei en vloede in Mosambiek en omliggende gebiede veroorsaak,” het hy gesê.

Dit beteken ook die risiko op vloede is baie hoog in die komende maande.

Hy voeg by die verwagtinge van swaarder reën vanaf Februarie gaan wel daarvan afhanklik wees of siklone vorm of nie.

LA NIÑA VOLWASSE

Die huidige La Niña-verskynsel het intussen in Desember volwassenheid bereik en sal nie verder versterk nie, maar behoort tot minstens April of Mei vanjaar weerstoestande te oorheers, sê Van den Berg.

“Die Suidelike Ossillasie-indeks (SOI), wat 'n maatstaf is van die interaksie tussen seeoppervlaktemperature in die Niño-gebiede en oorhoofse weerstelsels, versterk egter tans nog tot meer intense La Niña-vlakke.”

- [email protected]

Soortgelyk

 

Moratorium op uitreik van brandstoflisensies opgeskort

2 ure gelede | Energie

Die ministerie van myne en energie het die moratorium op die uitreik van nuwe klein- en groothandelbrandstoflisensies opgeskort. Nuwe aansoek vir dié lisensies kan weer...

Afrika ontvang eerste entstowwe van Covax

4 ure gelede | Gesondheid

Ghana en die Ivoorkus het met die immunisering van hul gesondheidswerkers teen Covid-19 begin en sodoende die eerste lande in Afrika geword wat entstowwe gebruik...

Namcol hersien strategie vir graad 12-leerplan

6 ure gelede | Onderwys

Die Namibiese Kollege vir Afstandsonderrig (Namcol) het sy strategie vir inskrywings hersien om die toenemende versoeke vir plasing vir die ou graad 12-leerplan te akkommodeer...

Leë Kunenerivier kortwiek Ruacana

16 ure gelede | Infrastruktuur

Augetto GraigDie Ruacana-hidrokragstasie op die Kunenerivier in die verre noorde van Namibië, wat gewoonlik teen volle kapasiteit elektrisiteit aan die nasionale netwerk van die land...

Reënboog in volle sirkel

16 ure gelede | Weer

Petré van Zyl het die foto by Gross Barmen-oord buite Okahandja geneem. Van Zyl is van Swakopmund en het die naweek daar deurgebring.

Vrou 'speel net' met hondjies in wasmasjien

16 ure gelede | Maatskaplik

Francoise Steynberg'n Vrou van Grootfontein wat haar hondjies in 'n wasmasjien laat swem het, se bedoeling was nie om die honde te mishandel nie, sê...

Bruidspaar wen 'n goeie nagrus

16 ure gelede | Gebeure

Die Eelu-egpaar, Joel en Rebecca, die wenners van Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie 2020, geniet die gemak van hul nuwe ekstragrootte Sealy Crown Jewel...

Weer, Dinsdag 2 Maart 2021

16 ure gelede | Weer

Binneland: Gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm met enkele tot geïsoleerde donderstorms in die verre suidooste en noordoostelike streke. 'n Vars noordoostelike wind...

Geldinsameling help Fishrot-hokaairoeper

16 ure gelede | Misdaad

Verskeie ondersteuningsgroepe vir hokaairoepers het gister 'n GoFundMe-veldtog vir mnr. Jóhannes Stefánsson begin sodat hy, onder meer, op internasionale vlak vir mediese hulp kan gaan...