Die Namib blom, die perde is vet
Die wilde perde by Garub in die Suide is tans spekvet en gesond omdat gras, kruie en blomme die gebied ná goeie reëns volstaan. Die Namibia Wild Horse-stigting, wat die perde sedert 2015 voer, sê op hul Facebook-blad: “Baie van die merries is nou dragtig en ons verwag 'n hoë getal vullens in 2019. Daar is ook 'n moontlikheid van twee vullens wat vanjaar nog gebore sal word. Ons hou duim vas.” Foto Christine Wulff-Swiegers
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie