Die MX-5 RF: Stylvolle veelsydigheid

Mazda se “fastback” is fantasties.
Sedert Mazda sy klein MX-5 amper twee dekades gelede bekend gestel het, was hy wêreldwyd só suksesvol dat die groep vandag al bykans 'n miljoen eenhede daarvan van die hand gesit het. 'n Wegholsukses in enige taal.

Die geheim lê straks in sy eenvoud: Klein, kompakte afmetings; lig en maklik om te bestuur; duidelik prettig omdat hy net twee sitplekke het; bekostigbaar; en die eenvoud om hom te gebruik, soos gesien in sy lapdak wat jy in 'n kits met die hand agter jou kan laat platvou.

Nog altyd kon jy 'n harde veselglasdakkie as bykomstigheid aanskaf om op jou MX-5 te sit vir 'n koepee-voorkoms, sou jy nie van die swart lapdak hou nie.

Maar tog was daar nog altyd 'n versoek vir iets gemakliker wat die dak betref. Want hoewel die lapdak lig is en met een handbeweging losgeknip kan word bo jou kop, verg dit 'n kurktrekkerbeweging in die bolyf om hom agter jou rug te laat platlê en te maak stillê.

Dis om hierdie rede dat Mazda se witjasse toe met 'n gawe plan vorendag gekom het: 'n harde dak wat stylvol lyk as dit toegeslaan is bo jou kop, maar met die druk van 'n skakelaar elektronies agter jou rug kan wegsink.

En so is die MX-5 RF gebore, wat in Mazda-taal vir Retractable Fastback staan.

Dit is basies wat die RF is - 'n oopdakker met 'n tikkie “fastback” in hom.

Dit verwys natuurlik na sy luikrugvoorkoms, oftewel 'n targa waar die B-pilare en agtervenster in posisie bly sodat net die dak bo jou kop weg is. 'n Amperse oopdakker, dus.

Die resultaat is 'n elektriese dakkie vir gerief, 'n beskutte oopdak-gevoel sonder dat jy te veel aan die elemente ­uitgelewer is, en 'n stylvolle voorkoms.

In die RF se geval het Mazda die B-pilare netjies soos twee vinne in 'n skuins lyn na die stert laat terugsak, soos 'n ou Jaguar XJS se agterkant.

Die MX-5 het steeds die 2.0-liter-enjin (118 kW, 200 Nm) wat in gewone MX-5's ingespan word. Dus, geen turboaanjaging nie – dis maar 'n Japannese voorliefde. Toyota se 86 ('n mededinger, hoewel slegs 'n koepee) bied dieselfde beginsel van 'n normaal geaspireerde tweeliter met 'n hoë rooilyn vir 'n goeie kilowatt-lesing van 147 kW, maar teen 205 Nm met ewe min wringkrag.

Suid-Afrika kry egter net die ­­

sesgang- ­outomatiese ratkas vir die ­RF-model. Die kombinasie sorg vir 'n gemaklike en moeitelose rit, want die handrat verg baie linkerbeenaksie in dorpsverkeer, wat moeisaam kan raak synde jy laag sit in die MX-5.

Maar die Mazda-ratkas is wel ougenerasie-outomaties wat nog 'n krag­omsetter benut.

Daar is dus baie glip voordat 'n rat ten volle gehaak is en alle krag wiele toe gaan. Moderne ratkaste haak vinniger en bied dus 'n direkte skakelaksie.

Soos genoem, sit jy laag in die kajuit, maar dit bied 'n lekker sportmotorgevoel en help ook dat jou kuif uit die wind se pad is as jy aanstaltes maak.

Die wielboë by die voorwiele help ook dat jy altyd weet waar jou voorwiele is. Die knapie bestuur werklik lig: Jy wil net heeldag om skerp draaie knak en swiep.

Luukses soos hoofligte wat saam met die stuur kan draai, asook 'n baanverlaat- en blindekol-gonser help in digte verkeer as sig rondom jou, vanweë die lae sitposisie, nie altyd na wense is nie. Ek het sommige stelsels egter gou afgesit, want dit kan steurend raak.

Nog iets waarna Mazda kan kyk, is die vermaakstelsel. Jy benut 'n draaiknop agter die rathefboom om die funksies op die skermpie te manipuleer. Maar sommige funksies is omslagtig, soos om tussen jou musiekstokkie en die radio te wissel. Te veel stappe word benodig om iets eenvoudigs te doen – en dis iets wat ander vervaardigers se stelsels lankal reeds opgeknap het.

Die nuwe MX-5 RF is 'n heerlike toevoeging tot die reeks. Hy lyk stemmiger en eleganter as die gewone model en bied 'n meer beskutte rit in die oop kajuit, met die gerief van 'n harde dak sou dit reën. Die ratkas en vermaakstelsel is nie die modernste op die pad nie, maar sou jy verby dit kyk, is die knapie 'n heerlike speelding. Ons het hom geniet. Jy sal ook. -Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.02/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.40% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 89.10/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.02/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.40% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 89.10/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042