Die moeilike passasiers op die vliegtuig
Francoise Steynberg - Ná ek as tiener die skrywer Ettie Bierman se lugwaardinromans verslind het, wou ek met alle mag 'n lugwaardin word. Ek wou die wye wêreld met sy vreemde eksotiese bestemmings sien.
Daar is drie redes waarom ek toe nie 'n lugwaardin geword het nie: Die eerste een is dat ek te kort is, en die tweede rede is dat ek nie juis van vlieg hou nie.
Ek is versot op reis, maar gee my eerder die langpad met lekker musiek en 'n fles vol boeretroos. As jy egter jou vlerke na verre lande wil sprei, moet jy maar op die blink ystervoël klim. Of as jy nie Buitepos wil omry en ure lank in 'n ry wil staan om jou paspoort te stempel nie.
Ek land altyd langs 'n moeilike passasier. Of 'n praatsieke ouma wat by haar kleinkinders gaan kuier en 'n foto van al veertien vir my wys en koer. Of 'n mevrou dominee wat in 'n sagte, sedige stem vertel van haar sewende sabbatsreis Israel toe en vra aan watter kerk ek behoort.
Of ek land langs 'n groot oom wat vir die eerste keer in sy lewe vlieg en die lugwaardin laat hardloop om brandewyn aan te dra om sy senuwees te kalmeer. Met elke teug brandewyn pomp hy my met sy elmboë in die ribbes.
Die kombinasie van alkohol en vlieg is nie 'n goeie resep nie. Brandewyntoppie wil kort-kort toilet toe gaan. Hy wil bo-oor my klim met sy pens wat in my gesig vasdruk. As die brandewyn goed inskop en nie meer brieke het nie, begin hy flirt en vryf sy snor.
Dan kom ons by die kinders. Jy kry net twee soorte kinders: soet, gemanierde kinders of stout, onbeskofte kinders. Die rede waarom daar twee kategorieë kinders is, is omdat daar twee kategorieë ouers is: Dié wat hul kinders maniere en respek vir ander leer en die ongemanierdes wat self nie maniere geleer het om hul kinders maniere te leer nie.
“Chicken or beef, baby?” vra die lugwaardin. Die kind agter my (in die kategorie stout, onbeskofte kinders) bestel hoender. Ek hoor nie een keer asseblief of dankie nie. Baby vat een hap: “I don't like chicken. I want beef!” gil hy en skop verwoed teen my stoel. Lugwaardin gee maar gedweë nóg 'n foeliebakkie aan.
“I don't like it. It tastes horrible!” skree die kind dat die vliegtuig se vensters wil uitpop. Hy skop weer teen my stoel dat ek byna in my droë hoender stik en tamatiesap oor my skoot spat. Reiswenk: Moet nooit ooit met wit klere reis nie!
Stout kind se mamma moet doofstom wees, want sy hoor klaarblyklik nie haar kind se gille of sê boe of ba of vat vir boetie vas nie.
Uiteindelik kondig die vlieënier aan dat die vliegtuig begin daal. Boetie met balhorige ore se ore begin pyn.
Reiswenk nommer 2: Drink 'n sinuspil voor die vliegtuig daal om nie oorpyn tydens 'n vlug te kry nie. Balhorige boetie se doofstom ma het nie hierdie raad by haar apteker gekry nie. Stout telg skree dat my ore begin pyn ondanks my sinuspil en gee my weer 'n skop in my rug.
Die derde rede waarom ek nie 'n lugwaardin geword het nie: Die moeilike passasiers, insluitende ongemanierde ouers wat nie vir hul kinders maniere geleer het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie