Die krag van dit wat kan word
Die krag van dit wat kan word

Die krag van dit wat kan word

Lewenslesse uit Singapoer
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher - ‘n Onlangse videogreep waarin ‘n baie bekende filantroop verduidelik waaraan Singapoer se sukses toegeskryf kan word, bied belangrike lewenslesse.

Dié land het gegroei van ‘n tipiese derdewêreldse, ontwikkelende ekonomie tot een van die mees toonaangewende ekonomieë wêreldwyd.

Hy het drie faktore uitgelig.

Eerstens het die destydse leierskap in Singapoer mense aangestel wat die geskikste vir die werk was – geen baantjies vir boeties nie.

Die tweede faktor was pragmatisme. 'n Kat is as voorbeeld gebruik. Dit maak nie saak of die kat swart of wit is nie: As dit ‘n muis kan vang, is dit ‘n goeie kat.

Die derde faktor is eerlikheid en, by implikasie, die afwesigheid van korrupsie. Deur geen verdraagsaamheid vir oneerlikheid te toon nie, is ‘n bepaalde kultuur van integriteit geskep.

Om dit te laat slaag, is ‘n praktiese vervolgingsbeleid ingestel, sonder aansien des persoons. As daar enige bewyse van moontlike korrupsie was, is die oortreder in die tronk gegooi. Dit het potensiële korruptes twee keer laat dink.

NUWE SIENING

Teen hierdie agtergrond kan ‘n nuwe benadering tot of siening van sake as moontlike kapstokke vir onlangse gebeure dien.

Die eerste was die Algemene Jaarvergadering vir lede van die grootste mediese skema in Suid-Afrika. Die tweede was die staatsrede van die Suid-Afrikaanse president. Die derde was die keuse van leierskap van komitees in die parlement. Die laaste faktor is die alledaagse handel en wandel van ‘n boer op sy plaas.

Tydens die medies skema se jaarvergadering was die omvang van hulp ten opsigte van lede se mediese behoeftes indrukwekkend. Nie net in terme van die aantal mense wat daardeur gemoedsrus kon kry nie, maar ook watter bydrae gelewer is op individuele vlak, waar enkele insidente meer as R5 miljoen gekos het.

Die vangnette ten opsigte van bedrieglike eise wat jaarliks toeneem, was gerusstellend, maar 'n mens wonder wanneer alle korrupsie uitgewys sal word.

Ook belangrik was dat lede vir elke R1-ledegeld R2.02 se voordele ontvang het. Dit is ‘n goeie vermenigvuldiger. Lede moes egter ook hoor wat dit verg om waardes te behou, asook die dogmas van die staat se rol teen te staan ten gunste van groter pragmatisme.

Die president se staatsrede is met gemengde reaksies ontvang. Tensy die bedoeling van strategiese leiding verkeerd verstaan word, moet besware dat daar geen meetbare plan van aksie voorgestel is nie, as onvanpas afgemaak word. Daar is ‘n duidelike “nuwe môre” voorgestel.

Die doel daarmee was om ‘n gedeelde visie vir kollektiewe inkoop te stel. Die nodige strategieë moet ontwikkel word, strukture ter ondersteuning daarvan moet ingestel word, en dan moet die plan uitgevoer word.

Die doeners is onlosmaaklik deel van die proses. Dit is hier waar balans moet kom in terme van die drie Singapoer-faktore.

Die president het voldoende erkenning gegee - gesonde verstand kan die regte afleidings maak. Daar is doendinge wat nie hoef te wag nie. Daarmee saam is die aanstellings van geïmpliseerde politici in die was. Die tyd sal leer of hulle die Singapoer-toets kan slaag. Hiermee was die president ook heel pragmaties. Hy laat beregting in die hande van kundiges oor.

WAT BETEKEN DIT VIR DIE BOER?

Vir die boer op die plaas kan daar verwarring wees.

Vooraf vrese en wense is grootliks omvergegooi omdat daar byvoorbeeld geen noemenswaardige uitsprake oor grondsake was nie.

In hierdie geval is wat nié gesê is nie, dalk die goeie nuus.

Die politieke byt van voor die verkiesing oor onteiening sonder vergoeding is uitgelaat, tot groot ongemak onder heethoofdige populiste.

Dit is jammer dat misdaad wat spesifiek op plase gebeur, weggeraak het in die oorhoofse misdaaddoelwit. Dat dit wel hoog op die lys van prioriteite is, sal die tyd leer.

Kommersiële landbou en die rol wat dit speel, is nie genoem nie, maar dit kan dalk as ‘n vanselfsprekende steunpilaar beskou word. Hierin lê die krag van dit wat kan word. Daar is nie beperkings geplaas op sektore en mense wat deel wil word (of reeds deel is) van die oplossing nie.

Die uitnodiging is daar en dit kan aan landbou vrye teuels gee. Niemand word verhoed om skouer aan die wiel te sit nie, maar dit gaan ‘n kwessie wees van trek en stoot.

Diegene vir wie dinge uitwerk, trek ander op teen die leer van vordering. Dit gaan ook nodig wees om sommige te stoor, maar doen dit so dat dié wat nie deelneem nie, so ontuis sal voel dat hulle ook sal inspring. Al is dit net om nie in die pad te staan van die wat wil nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.55 | EUR to NAD 20.21 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.50/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 873.40/T UP 0.67% | Brent Crude Oil US$ 89.44/BBP UP +0.61% | Platinum US$ 912.19/OZ DOWN -0.004 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.55 | EUR to NAD 20.21 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.50/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 873.40/T UP 0.67% | Brent Crude Oil US$ 89.44/BBP UP +0.61% | Platinum US$ 912.19/OZ DOWN -0.004