Die koste van jou drome

13 September 2018 | Rubrieke
Ja, baie dink die prys is reeds betaal; alles het ’n prys en niks is verniet nie – nie eers ’n glas water van jou buurman af nie. ’n Droom begin sodra jy jou eerste asemteug neem, sodra jy jou eerste gedagte kry, jou eerste begeerte kry om ook te praat en te loop soos al die ander mense wat jou in hulle arms vashou.

Maar drome en werklikheid moet hand aan hand gaan. Ons kan nie die twee van mekaar skei nie. Om drome te bewaarheid, moet jy ook die werklikheid in ag neem. Baie sal sê jy moet énigiets kan droom en doen, maar in werklikheid behels dit ’n hele proses om dit te bewaarheid.

Om ’n beter lewe vir jouself te bou, moet jy by ’n idee begin. Die idee word ’n droom en die droom moet jy uiteindelik in jou onmiddelike werklikheid omskep.

Hopelose drome kry mens ook. Dié wat onmoontlik lyk, waar jy jouself in ’n doodloopstraat bevind, waar daar nie eers ’n bospaadjie is om deur te beweeg nie.

Baie van ons word nie in ’n welaf huis groot nie, van ons se ouers, wat ook mooi drome vir hul kinders koester, moet dikwels bietjie suiker by die bure vra.

Ek wil hê my kind moet eendag ’n prokureur wees, droom hulle.

Baie ouers maak reuse-opofferinge sodat hul kinders hul drome kan bereik.

“Vroulief, dink jy nie ons moet die karretjie verkoop om vir Cobie die geleentheid te gee om te gaan swot nie?”

Só probeer hulle.

Om iets te bereik wat jy baie graag wil hê, moet jy dikwels mense agterlaat wat nie dieselfde passie het of dieselfde gedrewenheid as jy het nie.

Opofferinge kom in verskillende vorms.

Gesinne word uitmekaar geskeur deur die bietjie wat hulle het of die baie wat hulle het. En dís dikwels nie genoeg nie. En so sneuwel persoonlike verhoudings. Soms raak jy só besig daarmee om jou drome na te jaag dat jou persoonlike verhoudings daaronder ly.

Ons moet waak daarteen om te dink drome gaan net oor meer geld maak, want só besoedel jy jou drome met geldgierigheid.



Met elke tree vorentoe is daar dikwels ’n tree agtertoe.

Mense moet net weer opstaan en sterker wees – pyn is ook ’n les.

’n Professionele atleet kan deurdring tot ‘n eindstryd en steeds nie die wenpaal haal nie, weens fisieke kwessies.

Vir party mense is verdrukking of pyn en seerkry die oplossing.

Hulle dink hulle moet dalk ’n shortcut vat, die gras is mos groener aan die ander kant – net om uit te vind die omstandigheide is maar dieselfde of dalk erger.

Soms kan jou drome jou lewe kos.

Mense kan jou drome help bou of breek.

Dikwels is mense en hul menings die grootste struikelblokke in die pad van ons drome.

Want jou drome is óf te groot óf te klein. Ons probeer mekaar in ’n boks druk om in te pas by wat ons dink reg is en hoe dinge moet wees.

Terselfdertyd het ons mense se ondersteuning nodig om ons beste te kan wees.

Soms is dit nie eers jou familie of vriende wat jou potensiaal raaksien en daarin wil belê nie, maar vreemdes.

Uiteindelik moet jy gefokus bly op wat jy wil bereik, of jy moet die punt bereik waar jy ernstige selfondersoek doen om te besef ’n leë lewe is nie die oplossing nie.

Om nie te weet wie jy is of wat jou drome is nie, dít is die grootste tragedie van almal.

Soortgelyk

 

Lugvaart onder vergrootglas

9 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Die internasionale lugvaartwêreld se oë is op Namibië om te sien of hy tydens die universele veiligheidsouditprogram (Usap) van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie...

Einde van die pad vir 500ppm diesel

9 ure gelede | Energie

Augetto Graig - Die uitfasering van 500ppm diesel begin op 23 November.Die minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, sal op dié dag ...

Piepklein en waardevol

9 ure gelede | Omgewing

Tanja Bause Beeskloutjies is unieke plante wat net in die woestyn- en semi-woestyngebiede van westelike en suidelike Namibië en noordelike Suid-Afrika voorkom. By die Alte...

Pragkerk vol bierbottels

9 ure gelede | Infrastruktuur

Tanja Bause Op 'n koppie op die plaas Helme­ringhausen staan 'n kerkie wat met bierbottels gebou is. Die droom van dié kerk het sowat twee...

Weer vir 19 November 2018

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm met enkele donderbuie op plekke.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel met miskolle aanvanklik.GETYE BY WALVISBAAI: L...

53 renosters al vanjaar gestroop

9 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg -'n Onthoringde renoster is in die Suide gestroop en nog een is gekwes.Nadat dié renosterkarkas verlede naweek in die Hardapstreek gevind is, bring...

Grootfontein ontken wanbesteding

9 ure gelede | Regering

Augetto Graig - Grootfontein se geldsake was onlangs onder die vergrootglas toe Namibië se ouditeur-generaal, mnr. Junias Kandjeke, sy kantoor se verslag oor dié dorp...

Noordweste se aardbewings 'n raaisel

9 ure gelede | Plaaslik

Elvira HattinghSedert Maart vanjaar het vyf beduidende aardbewings in die Anker-gebied in die noordweste­ van die land voorgekom - almal het tussen 4,1 en...

Stille getuies van ’n vergange era

9 ure gelede | Toerisme

Tanja Bause – Op die plase Sandvirhaar en Simplon in die suide van die land staan twee kalkoonde wat meer as ’n eeu oud is....