Die kanse van die Pase moet nog aangegryp word
Die kanse van die Pase moet nog aangegryp word

Die kanse van die Pase moet nog aangegryp word

Des Erasmus
Des Erasmus - Op die drumpel van die Pase word op die kusweg tussen Swakopmund en Walvisbaai gesoek na die kruin van 'n duin waarop 'n houtkruis kan staan. Juis die kontrepsie vir foltering tot die dood behoort die tema op die T-hempies van gelowiges te wees vir een van die besigste naweke by die see. Selfs besiger as die spitsgety van die Kersseisoen op Swakopmund, sê die goeie vrou by wie ek bly. Toerisme is die boom wat in tye van ekonomiese vertwyfeling die goue appels dra. Dit moet weliger groei met byeenkomste wat die wondere van die velde kan aanvul. Dit moet groter word as 'n Paasnaweekse opskop, twee nagtegale wat in 'n kerk kom sing, fiksheidsfundi's wat die lang afstande draf of fietsryers wat die kettings na plekke soos die Maanlandskap laat sing. So meen ek. Daar word gedink aan die Klein Karoo met sy grootse kunstefees, toetsrugby op Nuweland, sokker se Wêreldbekerreeks en die Spele van 'n verre Rio de Janeiro en 'n atleet van die formaat van Bruce Fordyce met sy versugting van 'n byeenkoms soos die Comrades op die kusweg tussen Swakopmund en Walvisbaai. Internasionale wedvaarte oor die magtige Atlantiese Oseaan, gholf se Amerikaanse Ope en Oberammergau se Passiespele. Oberammergau, ja. Namibië het die bestanddele, want die skadu van die kruis val juis in die Pase oor die land se nou groen velde. Kruisvaarders is bekend. Tussen Walvisbaai en Swakopmund, Usakos en Swakopmund en selfs die ver paaie van die Suide. En baie donkies, eens die rydier van die Meester, maar wat nou hier te lande na die slagplaas koers. Daar word gedink aan passiespele soos by die gehuggie Döbra en drie kruise wat oos van Karibib eens teen die heuwelland gestaan het. Ja, Döbra in die reën. As Oberammergau kon uitstyg, hoekom nie ook die Namib-kus nie? Oberammergau is die plek wat elke 10 jaar die saamtrekpunt van die wêreld se Christene in die Pase is. Die Passiespele van Oberammergau kom van ver. Die eerste aanbieding was in 1634. Inwoners van die plekkie het 'n gelofte teenoor hul God gemaak dat as Hy die dorpie van builepes as die draer van die dood sou verlos, sal Passiespele ter danksegging elke 10 jaar gehou word. Die draer van die pes was glo 'n man wat vir Kersfees daar kom kuier het. Ná die gelofte het al die lyers aan builepes oorleef en het nie 'n enkele inwoner van Oberammergau weer gesterf nie. Aan die einde van elke dekade was Oberammergau die plek van die Passiespele, behalwe in 1940 gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Meer as 2 000 akteurs, sangers, musikante en tegnici neem deel. In 2010 was meer as 2 000, meer as die helfte van die inwoners, betrokke. Walvis, Swakop en Henties het baie meer mense as daai. Die volle verhaal van die kruisiging tot met die opstanding het herleef. Oberammergau is bekend vir sy houtkuns met treffende uitbeeldings van die Christus van weleer wat teen die mure van katedrale hang. Hier in Beiere is selfs 'n kerwerskool met gedenkkuns wat in winkels aangebied word. Dis ook die plek van oorsprong van talle verhale en mites. En hier te lande? Een van die oorheersende kenmerke van die kerwerskuns van Kavango was die oorheersing daarvan deur die Maria-beeld, die moeder van die Jesus-kind. Damaraland is bekend vir baie donkies. Dis die dier waaraan ook Oberammergau erkenning gee. Oberammergau se fees was bekend vir kunstenaars wat uit die streek gekom het, maar daarna internasionale hoogtes bereik het. Walvisbaai, Swakopmund en Hentiesbaai het ook kunstenaars van statuur. Waaraan dink jy? So vra 'n stem langs my in die motor. “Ek droom van Oberammergau in die Pase en ons eie dorpe.” “Sweet dreams,” sê sy.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.55 | EUR to NAD 20.21 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.50/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 873.40/T UP 0.67% | Brent Crude Oil US$ 89.44/BBP UP +0.61% | Platinum US$ 912.19/OZ DOWN -0.004 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.55 | EUR to NAD 20.21 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.50/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 873.40/T UP 0.67% | Brent Crude Oil US$ 89.44/BBP UP +0.61% | Platinum US$ 912.19/OZ DOWN -0.004