Die jeug is Namibiu00eb se grootste hulpbron
Die jeug is Namibiu00eb se grootste hulpbron

Die jeug is Namibië se grootste hulpbron

Jongmense het onderrig, werksgeleenthede en bemagtiging nodig om ingeligte besluite oor hul gesondheid, deelname en leierskap te kan neem.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Namibië se jeugdige bevolking is die land se grootste hulpbron.

Sou dié hulpbron nie doeltreffend ondersteun word nie, laat dit reusegapings in die produktiewe werksmag wat tot die land se ontwikkeling kan bydra.

Die meerderheid (66%) van Namibië se bevolking is onder die ouderdom van 30 jaar.

Visepresident Nangolo Mbumba het gemaan die land se jongmense het onderrig, werksgeleenthede en bemagtiging nodig om ingeligte besluite oor hul gesondheid, deelname en leier­skap te kan neem.

“Ons kan saamwerk om die toekoms van ons jongmense en so ook ons eie toekoms te verseker,” het hy gesê.

Mbumba was aan die woord tydens die bekendstelling van die Verenigde Nasies-bevolkingsfonds (UNFPA) se verslag oor die huidige stand van die wêreldbevolking.

Volgens hom bevorder Namibië sedert 1994 vroue en meisies se regte en is veral hul reproduktiewe regte sentraal tot die land se soeke na vooruitgang vir almal.

Laasgenoemde word veral deur die verbetering van die primêre openbare gesondheidsektor ondersteun.

“Selfs al is daar nog baie om te doen om almal van reproduktiewe gesondheid en regte te verseker, is die situasie vir vroue en jongmense vandag baie beter as in 1994,” het hy gesê.

Die visepresident het verwys na die hoë voorkoms van tienerswanger­skappe in die land, wat tans op 19% staan en in sommige streke tot so hoog as 35% is.

Ten spyte van grootskaalse sukses met die uitwissing van MIV/vigs neem infektering onder veral jongmense en in die besonder tienermeisies toe.

“Ons sal voortgaan om kwessies soos geslagsgeweld en dwelm- en alkoholmisbruik, wat die land se ontwikkeling kortwiek, saam met rolspelers hok te slaan. Om dit te doen, moet ons dié wat die verste agter is en veral ons tiener- en gemarginaliseerde meisies bereik.”

Mbumba het gesê ten spyte van beduidende vooruitgang in die bevordering van mense se reg op gesondheid is groter pogings nodig om dié ideaal vir almal te bereik.

Hy het verwys na ongelykhede wat steeds in en tussen lande heers wat onder meer ongelykhede in inkomste insluit.

In die meeste ontwikkelende lande is toegang tot noodsaaklike seksuele en reproduktiewe gesondheid in die algemeen die laagste onder die armste 20% van huishoudings en die hoogste onder die rykste 20% van die wêreldbevolking.

'n Vrou wat inligting oor seksuele en reproduktiewe gesondheid wil inwin, sal volgens Mbumba dikwels geen bron daarvan in haar gemeen­skap vind nie.

Sou sy wel die vermoë hê om haar vervoerkoste na 'n kliniek in 'n naburige gemeenskap te dek, sal sy dikwels ook vind daar is 'n gebrek aan voldoende toerusting of voorraad vir die dienste wat sy vereis.

Mbumba sê selfs op plekke met goed opgeleide verskaffers, waar geriewe goed toegerus is en voorraad beskikbaar is, kan wetlike hindernisse inwoners in die gesig staar, wat hul toegang tot inligting en dienste beperk.

“In sommige plekke vereis wette die toestemming van 'n derde party vir vroue of tieners wat toegang tot ­gesondheidsdienste wil hê,” het hy gesê.

Volgens Mbumba dikteer verwagtinge in gemeenskappe wêreldwyd seksuele aktiwiteit.

Hy sê dié verwagtinge sluit in dat reproduksie net onder sekere groepe met sekere eienskappe moet plaasvind.

Die eienskappe sluit dikwels individue in wat heteroseksueel, getroud, nie-gestrem, nie te jonk of te oud is nie en in 'n monogame verhouding is.

Hy het inwoners se gebrek aan kennis ook as 'n struikelblok in die toegang tot dienste uitgesonder.

Volgens die visepresident kan wanopvattings of 'n gebrek aan begrip oor seksualiteit, die menslike liggaam en ontwikkeling, regte en mag in verhoudings in die pad van mense se regte en keuses staan.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!