Die gewildste stad in Afrika is . . .
Die Goudstad is ook tops op die vasteland gemeet aan die bedrae wat besoekers bestee. Reisigers sou in 2016 na verwagting sowat $1,73 miljard in die stad bestee het.
Niel Joubert - Johannesburg is op koers om vir die vierde agtereenvolgende jaar vir toeriste die gewildste bestemming in Afrika te wees.
Die Goudstad sou na verwagting sowat 3,6 miljoen internasionale oornagbesoekers in 2016 verwelkom het, volgens Mastercard se Global Destinations Cities-indeks vir 2016.
Kaïro is die stad in Afrika wat deur die tweede meeste toeriste besoek word en die verwagtinge is dat 1,5 miljoen besoekers in 2016 in dié stad in Egipte sou oornag het.
Dit word gevolg deur Kaapstad (1,4 miljoen besoekers), Casablanca in Marokko (1 miljoen) en Durban (831 000).
“Toerisme bly ''n belangrike deel van die Suid-Afrikaanse ekonomie en die stewige toename in besoekergetalle dui daarop dat Johannesburg se fassinerende mengsel van ikoniese bestemmings toenemend meer boeiend vir vandag se internasionale reisiger is,” sê Mark Elliott, hoof van Mastercard Suid-Afrika.
Die indeks verskaf nie net ''n ranglys van die 132 stede ter wêreld wat die meeste besoek word nie, maar raam ook die getalle en besteding vir 2016.
Die verwagte internasionale oornagbesoekers aan Johannesburg sal meestal vanaf Londen kom. Sowat 373 000 reisigers uit dié Engelse stad sou Johannesburg vanjaar besoek het. Volgende is Harare (294 000), gevolg deur Frankfurt (233 000), Maputo (185 000) en Parys (163 000).
Johannesburg is ook tops in Afrika ingevolge die bedrae wat besoekers bestee. Reisigers sou in 2016 na verwagting sowat $1,73 miljard in die stad bestee het.
Kaapstad en Durban is onderskeidelik nommer drie en agt volgens besteding.
Bangkok is die stad wat deur die meeste internasionale oornagreisigers in 2016 besoek sou word, met verwagtinge van sowat 21,47 miljoen besoekers.
Kort op sy hakke is Londen met 19,88 miljoen besoekers. Parys (18,03 miljoen), Doebai (15,27 miljoen) en New York (12,75 miljoen) maak die res van die topvyf uit. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie