Die ELKRN behoort aan ons almal
Die ELKRN behoort aan ons almal

Die ELKRN behoort aan ons almal

Mandy Rittmann
CT TIBOTH SKRYF:

Volgens die Patriot-koerant, is ’n sekere eks-"cleric", Chris Gurirab, van mening dat hulle nie ’n oorwinning in die biskopsverkiesing van die adjunk-biskop, Paul Hatani Kisting, sal aanvaar nie.

Ek persoonlik sien dit as ’n poging wat daarop uit is om die verkiesingskomitee te intimideer en die hele proses te manipuleer. Dit is ’n gevaarlike, desperate, onberekende hou wat verreikende gevolge sal dra, want die mees logiese vraag is: wie sal ’n oorwinning van jul kandidaat dan aanvaar?

DEMOKRASIE EERSTE

Ongeag die beweringe van onreëlmatigheid wat natuurlik, as dit waar is, al drie die kandidate kan verontreg, is dit nou na aan 30 jaar wat mense van dieselfde stam gewoonlik besluit, en as dit nodig is die geloofwaardigheid van verkiesings in gedrang plaas, net om hul sin te kry ten koste van demokrasie en die kerk. Vir na aan drie dekades het die kerk in goeie geloof die duidelik stamgebondenheid toegelaat.

Dit is/was nie die kerk of ander lede van die kerk wat huil nie, maar hulle wat die hardste huil en lawaai maak. Hulle het hul deur die jare uit en uit as uitstekende slagoffer-rolspelers bewys.

In my vorige skrywe het ek oor die merkwaardige deursettingsvermoë van die groot "ons eie biskop"-veldtog in 1993 vertel. Die veldtog word by tye onbeskof, roekeloos, oneerlik en gewetenloos bevorder.

Die onlangse geraas is nie vreemd van hierdie groot plan nie; inteendeel is dit deel daarvan. Die nuutste wat ’n mens opmerk is dat mense wat jare gelede eintlik hul lidmaatskap en regte opgesê het, deur middel van hul afwesigheid, by die grootplan-sentiment aangesluit het bloot omdat hulle aan die spesifieke stam behoort.

So verward soos hulle is, in terme van die dinamika van kerkadministrasie, kerkgeskiedenis en die kerk se grondwet, sleep hulle die liggelowige, niksvermoedende mense en selfs onkundige kinders saam. Ouers en kinders wat die liederlikste woordeskat gebruik om die vise-biskop te versleg, vloek en sy karakter af te takel. Mense wat aan geen kerk behoort nie, verheug hulle bloot omdat hulle aan dieselfde stam behoort.

Dit is baie gevaarlik. Hulle vergeet ook dat Paul Hatani Kisting, behalwe dat hy ’n leier is, ’n pa, oupa, vriend, familie en bloed van ander mense is en dat hy mense agter hom het wat hom as die biskop wil sien. Maar dit is die huidige aggressievlak waarop die '93 plan uitgevoer word. Wat ’n skande vir die ELKRN.

GEEN VERRASSING

Dit is nie ’n verrassing dat hulle vandag sê hulle sal nie ’n oorwining van Paul Hatani Kisting aanvaar nie, want hulle het dit nie in 2013 aanvaar nie ten spyte van die meerderheidnominasies (17) van die gemeentes. Hulle het verkies om liewer vir die aangewese biskop te stem wat net deur ses gemeentes nomineer was en sodoende die demokrasie verkrag.

Dit is die einste biskop van die ELKRN wat hulle vandag verwerp. Hoe Christene ’n leier, behalwe dat hulle hom verkies het, so in die publiek verkleineer, is vir my ’n verborgenheid! God sal vir sy dienaar, die biskop, optree.

Die Frans-Russiese filosoof Alexandre Koyrè sê die volgende: “Die mob glo alles wat dit vertel word, mits dit oor en oor herhaal word. Ook op voorwaarde dat sy passies, haat en vrese bevredig word. Mens hoef nie probeer om binne die grense van geloofwaardigheid te bly nie: Inteendeel, hoe erger, hoe groter, hoe grof die leuen, hoe makliker word dit geglo en gevolg.”

Maar die goeie uit hierdie slegte saak is: waarheid word nie gedefinieer deur hoeveel keer dit herhaal word of hoeveel mense dit volg nie. Dit bly die waarheid, terwyl die leuen ’n leuen bly ongeag die herhaling en die duisende volgelinge.

GRONDWET

Die telling van die stemme na drie maande by die sinode is ’n grondwetlike bepaling. Dit is nie ’n reëling wat gedurende die verkiesing getref was, soos dit voortdurend voorgehou word nie.

Ek stem saam dat hierdie bepaling nie die gevestigde beginsels van verkiesings bevredig nie, maar ek moet melding daarvan maak dat ieder en elk die geleentheid gehad het om dit andersom te beïnvloed. Die konstitusionele konsep was in elke gemeente vir insae en bydrae voorgelê, voor dit by die Hoë Sinode aanvaar was.

Daarom moet elke Lutheraan die verantwoordelikheid vir hierdie onbedoelde oordeelsfout aanvaar. Aan hulle wat vandag bespotting wil maak van hierdie kerk: waar was julle toe die kerk jul perfekte vermoëns nodig gehad het? Hierdie bepaling sal staan tot dit by ’n sinode wysig word.

OUDERDOM

“Kandidate tot die kantoor van die Biskop sal tussen die ouderdomme van 45 tot 60 jaar wees.”

Aangesien die hele proses ’n jaar voor die aanvanklike verkiesing begin, volgens grondwetlike bepaling vir baie jare, het die vise-biskop Paul Hatani Kisting kwalifiseer om te staan as kandidaat. Hy het intussen, na die proses begin het, verjaar en is 61 jaar oud. Hy kwalifiseer nogsteeds, want wettigheid verval nie voor die einde van so ’n proses nie.

Dit is die skoonheid van die wet. Die wet is nie kortsigtig nie.

Dit is ’n argument wat ek glo in enige hof sal staan. Daarom hou ek vol dat die konstitusie nie geskend is nie.

Ek voel oud-pastoor G. Gurirab, wat ’n stigterslid is van die “Transformation Committee”, ’n komitee wat staan vir “regverdigheid”, moet hierdie komitee inlig dat ’n kandidaat wat in 1931 gebore is in die 1993-verkiesing deelgeneem het, onder dieselfde ordebepaling. Ek sien uit wat hul reaksie sal wees en sy verduideliking.

Ons sal opstaan vir Paul Hatani Kisting en die ELKRN. Dit is nou mooi genoeg. Niemand sal hierdie kerk gyselaar hou nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026