Die elfde plaag
Die elfde plaag

Die elfde plaag

Tielman van Lill
'n Aanwen(d)sel is 'n liederlike ding, dit is amper soos bleik en blyk, maar net 'n “biki” anders. Nè, ou slimmie, wat van spelgoete ken?



Dit is soos luister en praat. Daar is te veel volwassenes en kinders wat nie hul ornamente in dieselfde volgorde gebruik soos wat dit bedoel is nie. Om te begin praat nog voordat die ander mens sy eerste sin voltooi het, is 'n aaklige aanwensel.

Sommige mense is kronies daarop uit om sy medeaardbewoner te korrigeer.

Ek het 'n man geken (genadiglik net vir 'n rukkie) wat sodra hy op 'n telefoon moes praat, 'n allemintige padda in sy keel ontwikkel het, wat hy dan sekerlik tot die grootste irritasie moontlik in sy gesprekgenoot se oor probeer skoonmaak het.

Dit bring my by sosiale media wat die aardbol aansienlik laat krimp het. Soos dit maar met ontwikkeling gaan, is daar altyd 'n positiewe en negatiewe kant betrokke wat te dikwels die minder aangename kant in mense na vore laat tree.

Met Facebook is daar hordes mense wat gerieflik, veilig en snoesig sy persoonlike vendetta en woede op die res van die mensdom van agter sy pompie (rekenaar) en slimfoontjie projekteer, terwyl dié gene se persoonlike lewe en spelkuns alte dikwels veel te wense oorlaat.

Ek weet nie of ek hulle Facebook-slette, e-trolle of bakkiesboekkrygers moet noem nie, maar soos wat studente eens op 'n tyd as 'n subspesie van die homo sapiens gesien is, beskou ek (en baie ander) die “nuwe generasie” e-snolle as 'n verfoeilike subspesie en verskoning vir 'n mens.

Sela.

Ek dink dié tipe verskynsel is dalk emosionele onvolwassenheid, nee ek sal myself beslis moet korrigeer, ek weet dit is wél die geval. In 'n onlangse gesprek met 'n gesoute sielkundige word dié onderwerp aangeroer en hy verduidelik in leketerme sodat die uwe darem ook kan verstaan wat die verskynsel behels.

“Ek kan jou iets te lese oor die onderwerp gee,” sê hy en stap na 'n boekrak wat ingenome onder 'n wavrag boeke staan en kreun.

Hy kom met 'n lywige bundel terug wat my aan die Wes-Kaapse telefoongids herinner.



“Ek het 'n hele paar boeke wat die psige uitlê, dit is in Ingils, maar hierdie een sal jy die maklikste verstaan,” sê hy en slaan die kopbybel op p.575 oop. Ek sluk swaar en ietwat verbouereerd aan die gedagte dat ek met my gebrekkige kennis van die rooitaal sielkundige goete sal moet lees en boonop nog moet verstaan ook.

“Dis oukei, ek dink ek kry die boodskap,” protesteer ek kort van asem en mik met my een oog vir die deur terwyl ek blitsig 'n ontsnaproete probeer uitwerk.

Gedadiglik onthou hy van sy wagtende soda waar dit op die glastafeltjie neffens die statige bruin leersofa in 'n blou glas staan.

Nes die oom wat 'n padda met elke telefoonoproep ontwikkel het, begin ek keel skoonmaak. Ek wen daarmee presies vyf sekondes, wat my nie veel dinktyd gee nie. “My Engels is pateties,” sê ek vir hom en ek gaan beslis nie die vakterme snap nie.

“Jy weet baie goed ek kom van Maltahöhe af waar ons as kinders wel goed onderrig in woorde soos kouk, bubble gum, hallo, ji-jis, baai, Tarzan, cowboys en krooks, spin, 'n korner kap en ander derglike gebruikersvriendelike woorde was wat ons laaities soos 'n strikdassie gepas het,” skerm ek opnuut.

Hy wil iets sê, bedink hom en stap terug na die bruin leerbank en gaan sit met die glas wat hy al in die rondte tussen sy vingers draai.

“Weet jy,” begin hy, “al is ek nou al 30 jaar op dié gebied doenig, ek het nog nie so daaraan gedink nie. Ek lees mos nou eendag iewers waar een of ander ou slim ou sê die mens is die grootste plaag op aarde.”



Ek kyk grootoog na hom terwyl al my ligte aangaan.

“'n Plaag?” eggo ek skaapagtig sy woorde.

Ek het nie meer sy slim kopbybel nodig om die mens en sy wese te verstaan nie. Wie dié ronde gewen het, weet ek nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026