Die Bosspeurder
Saam met die ‘bosspeurder’ op die spoor van vreugde
Yochanaan Coetzee - Soos die son opkom, staan die “bosspeurder” reg. Sy ore is gespits, sy oë ondersoekend en sy hele gees een met die omgewing.
Vir mnr. Johann van Heerden, voormalige speurder, versekeringsagent en beroepsjagter, is die natuur, of soos hy dit noem, “die skepping”, waar hy vrede vind.
“Dis onbeskryflik,” vertel hy vanuit sy kantoor op Grootfontein. “Vir die afgelope nege jaar is ek ’n beroepsjagter, en hoewel baie mense dink dit gaan net oor diere doodskiet, is dit vir my die ongelooflikste ervaring om deel te wees van die natuur. Om haar tekens te lees; haar onvergeetlikheid en gawes te ervaar. Van die manier waarop elke doring of miskruier sy doel het in die skepping, tot hoe ’n bietjie reën lewe kan bring waar daar voorheen verwoesting was. Dit is vir my en my kliënte die grootse beloning,” sê hy.
Die vaardighede wat hy in sy loopbaan as ’n polisiebeampte geleer het, baat hom goed en stel hom in staat om tot die kleinste besonderhede raak te sien, te onthou en te gebruik om vinning op die spoor van sy teiken te kom.
“Ek het kaalvoet op die plaas naby die Kalahari grootgeword en my oupa het sy liefde en kennis van die veld met my gedeel. Die polisiediens het my weer ’n ander stel vaardighede gegee en saam stel dit my in staat om baie gemaaklik in die veld te werk en die tekens van die onmiddellike omgewing te lees,” sê hy.
Hoewel Van Heerden gelukkig is en betrokke is by verskeie aktiwiteite soos die Grootfontein Rugbyklub en die plaaslike motorfietsklub, sê hy dit was nie ’n maklike paar jare nie. Sy seun is ’n paar jaar gelede oorlede, hy en sy vrou is die jaar daarna geskei en nog ’n jaar later het sy pa gesterf. Deur al dié verliese het sy geloof en sy liefde vir die skepping en die mense van Grootfontein hom gedra.
“’n Mens kan nie in die verlede leef of dinge van die verlede saam met jou sleep nie,” sê hy.
“Hoewel jy nie ’n kruis kry wat jy nie kan dra nie, moet jy gister se gebeure afskud, anders sal jou kruis al hoe swaarder word.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie