Die Apple Watch raak net beter
Fiksheidsfoendi’s kan uitsien na ’n rits nuwe funksies wat Apple later vanjaar na Apple Watch bring.
Die tegnologiemaatskappy het Maandag op sy jaarlikse konferensie vir programmeerders in San Jose, Kalifornië, onder meer verklap dat Apple Watch-gebruikers voor die einde van die jaar met mekaar sal kan gesels – met hul horlosies.
WatchOS 5, die nuwe weergawe van Apple Watch se bedryfstelsel, is op die konferensie bekend gestel. Dit word na verwagting nes die nuwe iOS-bedryfstelsel vir iPhones en iPads omstreeks September uitgereik.
Groot opgewondenheid heers oor die nuwe Walkie-Talkie-funksie waarmee Watch-gebruikers kort stemboodskappe regstreeks aan mekaar deur hul horlosies sal kan stuur, solank die toestel aan hul foon of WiFi verbind is.
“Apple Watch help ons kliënte om in verbinding te bly, hul fiksheid te verbeter en, in baie gevalle, lewensgevaarlike toestande te identifiseer,” het Jeff Williams, Apple se bedryfshoof, Maandag gesê.
Volgens hom gaan WatchOS 5 die Apple Watch na ’n “heel nuwe vlak” neem.
Daag jou vriende uit
Met WatchOS 5 sal jy jou (fikse) vriende tot ’n weeklange kompetisie kan uitdaag om te sien wie die hardste oefen en die meeste kalorieë verbrand.
Jy sal punte verdien as jy al jou fiksheidsringe (die ringe waarvolgens die horlosie jou daaglikse beweging en oefening meet) elke dag sluit en die horlosie sal jou deurentyd motiveer om jou teenstanders te klop.
Nuwe tipes oefening
Met die Apple Watch kan jy reeds jou aktiwiteit meet terwyl jy alles van hardloop, swem tot fietsry doen, maar met die nuwe bedryfstelsel sal joga en bergklim ook tot die lys van opsies gevoeg word.
Jou horlosie sal ook outomaties optel as jy begin oefen en ook weet met watter oefening jy besig is, byvoorbeeld om op die trapmeule te hardloop.
So gepraat van hardloop . . .
As jy lief is vir hardloop, sal dié nuwe funksie van WatchOS 5 jou opgewonde maak.
Jou horlosie sal jou nou waarsku as jy te stadig begin draf, gegrond op die spoed wat jy vooraf bepaal jy graag deur die loop van jou drafsessie wil behou. Dit is sodat jy nie al hoe stadiger draf namate jy moeg raak nie, want die horlosie motiveer jou om dieselfde pas vol te hou.
Luister nou ook na poduitsendings
Met die nuwe weergawe van Apple Watch se bedryfstelsel sal al jou gunsteling-poduitsendings ook outomaties na jou horlosie gestuur word.
Luister na die jongste nuus, of gesprek oor ’n nuwe boek, terwyl jy die trapmeule aandurf.
Wie sal die nuwe WatchOS 5 kan aflaai?
Die bywerking tot die Apple Watch se bedryfstelsel is gratis vir almal met ’n Apple Watch Series 1 of nuwer.
Buiten die oorspronklike Apple Watch 1 sluit dit alle Apple Watch-toestelle in. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie