Die air en prestige van oorsese opleiding
BELASTINGBETALER SKRYF:
Dit blyk mos duidelik uit die berig "Net 2 aspirantdokters slaag" dat die standaard van opleding wat mediese en tandheelkundige studente ontvang het, baie laer is as wat verwag word.
Kyk ons nou na die kostes om studente oorsee op te lei teenoor die van plaaslike studente wat dan na opleiding aan ons standaarde voldoen, behoort ons te vind dat daar ten minste dubbel of meer studente teen dieselfde koste hier beter opleiding kan kry. Waarom mors ons dan ons geld op sodanige opleiding wat blykbaar meer te doen het met die status van “overseas training” eerder as diensstandaard daarvan en dan natuurlik die “I studied overseas” air wat gewoonlik daarmee saamgaan.
Ons regering moet dalk meer na die werklikheid kyk as die kamstige prestige-waarde van sulke oorsese studies wat nie altyd aan verwagtinge voldoen nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie