Dié vrou wil lewe in Tses blaas

Mimi van Roemenië het baie drome vir die gemeenskap.
Tanja Bause
Tanja Bause – Op die klein, bykans vergete dorpie Tses is dinge besig om te gebeur.

‘n Klein vroutjie van Roemenië is besig om die lewe van die gemeenskap te verander en verbeter.

Juliana Ungheanu (57) het nege maande gelede op die dorp aangekom om ’n verskil te maak.

“Ek is Juliana gedoop, maar iemand in my familie kon die naam nie uitspreek nie en my Mimi genoem. Nou ken almal my net as Mimi,” het sy vertel.

Vier jaar gelede het sy vir die eerste keer Namibië toe gekom. Sy het vir ’n jaar saam met ander Roemeniërs by Omatako gewoon en met die San gewerk. “Ek is terug huis toe en het in 2017 weer Namibië toe gekom. Ek wou méér doen, ’n groter verskil in meer mense en veral kinders se lewe maak.”

In Januarie het sy en ’n vriendin oor haar visie en toekomsplanne gesels en die vrou het haar van Tses vertel. Ná lang gesprekke met die betrokke ministeries en owerhede is sy nou besig om haar drome vir Tses en sy mense in dade te omskep.

“Ek het 7 Februarie op Tses aangekom en onmiddellik met die aanlê van ’n groentetuin begin. Die ou kroeg is pas klaar ombou in ’n kindergarten en ’n groot kombuis vir die kinders en vrywilligers is opgerig.”

Die kindergarten het met 12 kinders begin. Volgende jaar sal daar 117 met klassies begin.

“Die kinders gaan van 07:00 tot 17:00 na die kindergarten. Hulle kry twee maaltye en word die hele dag in ’n veilige omgewing opgepas. Hier word hulle mae vol, hulle kan uitrus, speel en kind wees. Maar die belangrikste is dat hulle nie die hele dag op straat is nie,” het Mimi gesê.

Die tuin, kindergarten en kombuis word deur 27 vrywilligers behartig.

“Die mense kry drie maaltye per dag en kospakkies om huis toe te vat. Ek betaal ook hulle water en krag. So is ek verseker dat daar kos in die huis is en die kinders iets het om te eet.”

Volgens Anna Christaans het die gemeenskap vroeër net by die huis gesit, sonder werk. Hulle is baie opgewonde oor die projek en die geleenthede wat dit hulle bied.

“’n Vrou wat van ’n ander land af kom en so ’n projek vir ons gee, is ’n geskenk van God. Dit is die eerste keer dat daar so ’n ontwikkeling op Tses plaasvind,” het sy gesê.

Anna is een van die kombuishoofde. Volgens haar gebruik hulle die groente uit die tuin om die kos vir die vrywilligers en die kinders voor te berei.

“Ek hoop dat die tuin so uitbrei dat ons ook van die groente aan die gemeenskap kan verkoop. Hier is nie vars groente beskikbaar nie en Keetmanshoop is ver,” het sy gesê.

“Die regering het nie geld nie en ons is baie dankbaar dat so ’n projek Tses toe gekom het. Nou kan die gemeenskap baat.”

Mimi het ook vir vroue wat naaldwerk, kuns of handearbeid wil leer, gesê sy sal hulle oplei. Een van dié vroue is Martha Brandt.

“Ons maak nou vir eers alles vir die nuwe kindertuin soos byvoorbeeld die gordyne. Ons gebruik ook herwinbare materiaal soos blikkies. Ons maak hulle mooi en die kinders sal dit gebruik om hulle tandeborsel en tandepasta in te sit. Elkeen kry sy eie naam op sy mooi blikkie. Ons gebruik alles. Hier word niks weggegooi nie,” het Martha gesê.

“Mimi is van die Here gestuur. Wanneer sy teruggaan sal ons die projek vorentoe vat. Ons sal dit oppas en aangaan.”

Volgens Mimi was Tses ’n tweejaarprojek en sou sy daarna Indië toe gaan om daar te help.

“Ek het intussen nog baie meer planne vir Tses wat ek nog moet uitvoer. Een van hulle is om in Januarie ’n boorgat te boor. Dan beplan ek die bou van ’n hospitaal waarvoor ek reeds die grond van die dorpsraad gekry het. Ek beplan ook ’n restaurant met ’n Nama-museum en -huisies wat vir oornagverblyf uitverhuur kan word. Die huisies sal etnies wees, maar volgens Europese standaarde binne. Dit is alles sodat mense en toeriste nie net by Tses verbyjaag nie, maar inry en tyd hier bestee.”

Sy hoop ook dat die ontwikkeling jong mense sal inspireer om na iets beter te strewe en hulle van alkoholmisbruik weerhou.

“Daar is niks wat my gelukkiger maak as kinders wat lag en gelukkig is nie. Mense wat nie sit en bedel en hoop hulle lewe verander nie, maar wat opstaan en werk. Ek hoop van harte dat die projek ‘n verskil kan maak.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026