Dáái gesprek is dalk nie so erg nie
En ek praat nie van die blommetjies en die bytjies nie.
Ek praat van die dood.
Dis, net soos belasting, een van die goed in jou lewe waarvan jy maar (dood)seker kan wees, maar tog praat ons nooit daaroor nie. Soos in Monty Python se Meaning of Life is die Dood 'n onwelkome gas - daai een wat almal so half hoflik probeer vermy. Tot hy reg voor jou kom staan.
Hoekom praat ons nie daaroor nie? Dis 'n helse groot ding in ons almal se lewens, ons moet tog daaroor kan praat? En veral met ons kinders?
Die moontlikheid dat ons hulle kan verloor, bestaan.
Die moontlikheid dat húlle óns kan verloor, bestaan. So moet ons nie daaroor praat nie? Dalk sommer baie en oop en gemaklik?
Ek en Spruit het nou die aand juis dié gesprek gehad.
Ons is moeg en uitgeput na 'n emosioneel moeilike week.
Ek wil nie hê jy moet ooit doodgaan nie, huil sy. Ek wil ook nie hê jy moet ooit doodgaan nie, huil ek. Maar wat kan ons daaraan doen, huil ek, want gebeur gaan dit gebeur. Een of ander tyd.
Miskien moet ons praat oor hoe ons dit gaan verwerk, hoe ons wil hê die ander een dit moet verwerk, sê ek.
Ja, huil Spruit, miskien moet ons.
En toe praat ons daaroor.
Wat wil jy hê moet ek met die res van my lewe doen as jy doodgaan, vra ek vir Spruit.
Jy moet my veras, my as dan in 'n diamant compress, dit om jou nek dra en met my op reis gaan, sê Spruit.
Jy moet my interessante plekke wys en jy moet interessante goed doen, sê sy. Jy sal meer geld hê as ek dood is, so jy sal dit kan doen, sê sy.
Ek tjank sommer nog meer.
Ek weet nie eers of sy die hartverskeurende beauty besef van wat sy sê nie. Of sy besef watse helse guns sy my bewys deur my te wil laat reis nie, my horisonne te verbreed nie. En of sy besef dat ek myself so waar as wragtag absoluut daaraan sal toewy om presies dít te doen nie.
Besef sy dat sy my 'n rede sal gee om aan te hou leef sonder haar? Net omdat dit is wat sy wil hê. Ek raak skoon bly dat ons hierdie gesprek het.
En jy, Mamma? Wat moet ek doen as jy doodgaan?
My hart breek by die gedagte, want wie gaan vir haar so lief wees soos ek?
Jy moet die res van jou lewe daaraan toewy om 'n clan vir jouself te bou, besluit ek. 'n Kring van mense wat vir jou omgee, vir wie jy omgee, en by wie jy honderd persent jouself kan wees sonder om voor te gee. Jy moet dit jou werk maak om vir hulle om te gee en te sorg, en jy moet verwag dat hulle vir jou sal omgee en sorg. Of dit nou vriende, 'n kêrel of familie is – jy moet daai clan vir jouself bou.
En dis werk om daaraan te bou. Jy moet gee om te kan ontvang, jy moet mense leer ken om te besluit of jy jouself by hulle kan wees, of hulle jou aanvaar soos jy is, of jy húlle aanvaar soos húlle is.
Maar dis wat Mamma vir jou wil hê – 'n clan. Jou mense.
Okay, sê sy. Ons moet hierdie neerskryf, sê ek. Ons moenie vergeet nie.
Ja, sê sy.
En toe pass ons uit. Met 'n mengsel van hartseer, dapperheid en vrede in ons harte.
Mag ons nog baie hieroor praat, my liewe spruitjie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie