Deursigtigheid pootjie tenders
Deursigtigheid pootjie tenders

Deursigtigheid pootjie tenders

Die nuwe Sentrale Verkrygingsraad kon kwalik daarin slaag om 5% van tenders in 2017-'18 goed te keur.
Denver Kisting
Denver Kisting



Mnr. Frederico Links, van die Instituut van Openbare Beleidsnavor­sing (IPPR) sê die land se tenderproses laat steeds veel te wense oor.

Hy sê daar word met dié beleërde proses klei getrap weens 'n gebrek aan deursigtigheid, 'n tekort aan mannekrag en die gebruik van uitsluitings.

Die Sentrale Verkrygingsraad het teen Julie vanjaar 'n skamele vyf verkrygingskontrakte vir die jaar 2017-'18 toegeken, toon die IPPR se navorsing. Gedurende hierdie tydperk het die raad 17 verkrygingsplanne goedgekeur en 18 bestaande ooreenkomste verleng.

Teen die tyd wat die eertydse tenderraad aan die einde van Maart verlede jaar ontbind is, het dié liggaam kwalik 10% van verkrygingskontrakte vir 2016-'17 toegeken.

Links sê dít beteken die nuwe raad het vir minder as 5% van openbare ­verkrygingsplanne die groenlig gegee.

Vir 'n tenderbedrag bo N$35 miljoen word die besluit oor wie 'n staatstender kry na dié raad verwys.

Die IPPR sê die raad voer aan hy benodig 1 000 ­kundiges om sy werk ordentlik te doen.

Nagenoeg N$10,2 miljard is vir die 2018-'19-boekjaar vir tenders begroot.

Volgens mnr. Patrick Swartz, raadsvoorsitter, is hul rol om seker te maak die spesifikasies en toekenningskriteria moedig billike mededinging aan en voldoen aan tersaaklike wetgewing.

Hy sê in Procurement Tracker Namibia die 1 000 mense wat hulle benodig is om te verseker hulle het die regte samestelling van vaardighede om tenderaansoeke onder die loep te neem.

Dié mense wat op 'n ad hoc-grondslag in diens geneem sal word, sal dan 'n verslag aan die raad vir moontlike goedkeuring voorlê, sê Swartz voorts.

Hulle is veral op soek na verkrygingsdeskundiges en mense wat oor tegniese vaardighede beskik, sê hy.

Volgens hom het hulle genoeg werknemers gehad om na die werklading van 2017-'18 om te sien.

“Die toestroming van individuele verkrygingsplanne het egter die organisasie genoodsaak om sy werwingstrategie te herbesoek en die werwing van personeellede te bespoedig,” sê hy.

Swartz sê die raad sal alles in die stryd werp om seker te maak hulle voer hul mandaat uit.

Links het gistermiddag aan Republikein gesê die uitdagings lê veral by die praktiese sy van sake.

“Dit is in die praktyk, of die implementering, waar dinge uitmekaar tuimel. Dit is duidelik dat die implementering van die nuwe sentrale verkrygingstelsel sedert 1 April 2017 erg lamgelê word deur uitdagings.”

Dié struikelblokke het die deur wyd oopgemaak vir korrupsie en die wanbestuur van hulpbronne, sê hy.

Dit is daarom dat die IPPR besluit het om die proses van verkryging te monitor sodat ­bewusmaking verskerp kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A