Delhra begrawe strydbyl

Pak mens-leeu-konflik saam

13 May 2019 | Omgewing
Francoise Steynberg - Die nieregeringsorganisasie Desert Lions Human Relations (Delhra) wat mens-leeu-konflik in die Noordweste probeer voorkom, het die strydbyl begrawe ná agt jaar se onmin met die woestynleeunavorser dr. Philip Stander en die ministerie van die omgewing en toerisme.

"Tydens 'n onlangse vergadering met die ministerie en alle nieregeringsorganisasies (NGO's) betrokke by die Noordwes Leeuwerkgroep wat leeu-mens-konflik in die Noordweste takel, het ons besluit om die verlede en ons verskille te vergeet en liewer saam te werk," het mnr. Izak Smit van Delhra gesê.

Dehlra rig versterkte krale in die Noordweste op om die gemeenskappe se vee teen leeus te beskerm.

"In die verlede het ons krediet gegee aan wie dit toekom, maar as aktiviste het ons ook fel kritiek op instellings gelewer waartydens ons hoogs gefrustreerd, gemarginaliseer en hulpeloos gevoel het," het Smit gesê.

"Ons berou dit as sulke kritiek as beledigend en potensiaal skadelik deur betrokke partye ervaar is, spesifiek dr. Philip Stander van die Desert Lion Conservation Trust, die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, en die verwante NGO's. Ons vra onvoorwaardelik om verskoning."

Delhra sê die doelwitte van die mens-dier-konflikbeleid is belangriker en groter as hul verskille. Deur iemand te blameer, gaan nie veel bereik word nie.

"Ons sien uit daarna om in die gees van samewerking ons gemeenskaplike doelwitte volgens die nasionale mens-dier-konflikbeleid en -bestuursplan te bereik," sê Delhra.

"Ons vertrou dat dit sal help om alle negatiwiteit in die verlede uit te wis en saam vorentoe te beweeg. Ons sien uit daarna om saam die pad vorentoe te stap."

Smit het aan Republikein gesê die "strydbyl het sy doel gedien en goeie samewerking is wedersyds moontlik met Stander en ander op aanvaarbare voorwaardes".

Hy sê mnr. Chris Munwela van die ministerie van die omgewing en toerisme hanteer die aangeleentheid en het dit skitterend bemiddel.

SAMEWERKING

Smit sê ná agt jaar se bakleiery het hulle konsensus, asook samewerking met die ministerie en betrokke NGO’s bereik.

"Ons het ons deel gedoen om die lug te suiwer sonder om ons vryheid en onafhanklikheid in te boet, maar in goeie gees. Ons is optimisties dat dit dinge ten goede sal verander."

Delhra meen tyd is 'n luukse wat die boerderygemeenskappe nie het nie, want aanvalle van leeus helder oordag op vee en herders neem toe.

Delhra het verwys na die dragtige woestynaangepaste leeuwyfie met ’n nekband wat onlangs naby Spaarwater in die Torra-bewaringsgebied doodgeskiet is nadat sy helder oordag drie bokke gevang het.

Volgens die boere by die plaas Spaarwater, suid van Palmwag, het die leeuwyfie se trop herhaaldelik vee op die plaas gevang en die boer het al 15 stuks vee verloor, het Smit gesê.

Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het op navraag gesê Dehlra se besluit vir positiewe samewerking oor wildbewaring word verwelkom.

"Ons stem dat dat daar in die verlede baie frustrasies oor hulle was wat 'n impak gehad het op die werk wat gedoen kan word om Namibië se natuurlike hulpbronne te beskerm," het Muyunda gesê, "maar die groter prentjie is dat Namibië se bewaring floreer".

Soortgelyk

 

'n Seder val in Swapo

8 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

8 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

8 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

8 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

8 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...

'Sam Nujoma is 'n ikoon'

8 ure gelede | Regering

Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as...

Water: Hou rekord van elke druppel

8 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh - Tot 90% van die water in Windhoek wat onnodig weens lekkasies of buitensporige waterverbruik verlore gaan, sou gespaar kon word indien huishoudings...

Semifinalis onttrek aan Mej. Namibië

8 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - 'n Semifinalis in die Mej. Namibië 2019-kompetisie, ­Michelle Pretorius, het aan die geleentheid onttrek. Volgens haar ma, me. Anke Pretorius, het Michelle...

'Millenniërs werk anders'

8 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig - Werkloosheid onder die jeug is 'n nasionale krisis wat op alle vlakke, nie net deur die regering nie, dringend aangespreek moet word....