Delf dieper in beursie vir brandstof
Namibiërs sal van eerskomende Woensdag af 30 c per liter meer betaal om petrol en diesel in hul voertuie te tap.
Dit is die tweede maand agtereenvolgens dat die prys van diesel styg.
Die minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, sê die verswakking van die Namibiese dollar teenoor die Amerikaanse dollar het tot ‘n onderverhaling in die prys van brandstof in Mei gelei en daarom is die verhoging noodsaaklik.
In die styging is ‘n verhoging van 6 c per liter op die winsmarge van handelaars ingebou. Dié deel wat na vulstasie-eienaars gaan, styg dus van N$1 per liter tot N$1,06 per liter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie