• Tuisblad
  • Sake
  • Debmarine: Natuurlike diamante skitter steeds

Debmarine: Natuurlike diamante skitter steeds

Die diamantonderneming doen 'n beroep op Namibiërs om natuurlike edelstene te ­bevorder.
Augetto Graig
Augetto Graig



Debmarine Namibia het Vrydag sy nuwe handelsmerk by die Windhoek Buitekluboord en Kasino bekend gestel.

Mnr. Otto Shikongo, die maatskappy se uitvoerende hoof, het 'n beroep op die publiek gedoen om opnuut trots op en toegewy aan natuurlike diamante te wees, en die diepsee­diamantmyn sodoende te help oorleef.

Debmarine het in 2019 'n moeilike jaar op finansiële gebied beleef.

Mnr. Willy Mertens, finansiële hoof van die maatskappy, wat 'n vennoot­skap tussen die regering en die diamantreus De Beers behels, het 'n donker prentjie van die onderneming se prestasie verlede jaar geskets.

Daar was 'n 10%-verlaging in produksie – verlede jaar is 1,29 miljoen karaat se diamante gemyn, teenoor 1,46 miljoen karaat in 2018.

Boonop het hul inkomste met 22% gedaal en verdienste voor rente, belasting en skuldaflossing (Ebita) het met 53% verminder.

Die afname in produksie was te wyte aan beplande instandhoudingswerk wat aan die maatskappy se vlagskip, die Mafuta, verlede jaar gedoen is, maar van groot kommer is die afname in diamantpryse en die aanvraag in die internasionale mark.

Dít is gedeeltelik toe te skryf aan die onbestendige politieke verhouding tussen China en die VSA – die twee grootste diamantmarkte ter wêreld, het hy gesê.

Shikongo het gesê sintetiese diamante hou egter 'n groter bedreiging vir die natuurlike daimantbedryf in.

“Die verbruiker verander. Millenniërs en lede van generasie Z dink anders en stel baie meer in volhoubaarheid belang,” het hy gesê.

Sowat 70% van millenniërs koop eerder diamante wat in 'n laboratorium gekweek is, het hy gesê.

“Verbruikeraanvraag is nie 'n gegewe nie, dit is 'n mark wat gedryf moet word. Indien nie, is dit klaarpraat met ons,” het hy gesê.

“Ons diamante word op verantwoordelike manier verkry, maar onlangse gebeure toon die werklike risiko is dat verbruikers van natuurlike diamante sal wegstap,” het hy gesê.



NEGATIEWE LIG

Volgens Shikongo beeld die bemarkers van sintetiese diamante die tradisionele diamantbedryf in 'n onregverdige negatiewe lig uit.

Om dit teen te staan, het De Beers reeds 13 inisiatiewe van stapel gestuur om die voordele van natuurlike diamante te bevorder.

“As 'n land wat natuurlike diamante vervaardig, kan ons nie op die kantlyn sit nie. Ons moet ingryp en praat oor die voordele van natuurlike diamante vir ons land. Dit moet uit die perd se bek kom. Natuurlike diamante doen baie goed vir Namibië,” het hy gesê.

Debmarine het laas jaar N$13 miljoen aan maatskaplike belegging bestee, met ondersteuning aan sport, gesondheid, opleiding, veiligheid, rekenaarwese en die ekonomie.

Boonop geniet Debmarine-werknemers mededingende salarisse en verseker die diepseemynboumaat­skappy die rehabilitasie van die omgewing waar diamante gemyn word, het hy gesê.

Sowat N$1,9 miljard is aan die regering in die vorm van tantieme en belasting oorbetaal.

Debmarine het ook laas jaar N$10,2 miljard in die plaaslike ekonomie belê, wat N$3,9 miljard vir die ver­skaffing van goedere en dienste insluit.– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!