Debmarine belê in vroue se geestesgesondheid

Pasiënte is opreg dankbaar
08 April 2021 | Gesondheid
Die psigiatriese saal vir vroue by die Windhoek Sentrale Hospitaal, wat al jare lank vervalle is, het 'n nuwe baadjie aangetrek nadat noodsaaklike geriewe soos loodgieterstelsels, elektrisiteit, water en plafonne herstel is.
Debmarine Namibia het 'n inisiatief van stapel gestuur met die doel om die gesondheidstandaard in die psigiatriese afdeling te verbeter, spesifiek in die vroue-afdeling. Die vroulike geestesafdeling het geen betroubare elektrisiteits- of warmwatertoevoer gehad nie, en die verf het al van die mure afgedop.
Me. Hettie Maritz, die arbeidsterapeut in die eenheid vir geestesgesondheid, het verduidelik afdeling C was struktureel in 'n swak toestand. Voor die opknappings het die ligte in die saal 90% van die tyd nie gewerk nie.
“Die plafonne in die badkamer het gesak, gekraak of was heeltemal weg, die meeste toilette was buite werking of het nie gespoel nie, die baddens het nie behoorlik gedreineer nie, of daar was geen krane nie, en die afvoerpype onder die wasbakke in die kombuis en eetkamer is uitgeruk of gebreek.”
Benewens dié genoemde opknappings, het Debmarine ook 'n eksterne waterreguleerder in die storte geïnstalleer, omdat daar geen warm water was nie en pasiënte gedurende die wintermaande baie keer in koue water moes stort.
Dr. Frieda Kalenga, die waarnemende senior mediese beampte by die hospitaal, het die noodsaaklike rol van die sentrum vir geestesgesondheid benadruk.
Sy het gesê die geestesgesondheidsentrum bied sewe dae per week multidissiplinêre binne- en buitesorg aan pasiënte, en huisves op die oomblik 22 pasiënte. Psigiaters, dokters, verpleegsters, arbeidsterapeute, maatskaplike werkers en sielkundiges werk saam om pasiënte en hul gesinne te monitor, te evalueer, te behandel, te onderrig en verder toe te rus.
'DIT RAAK ONS ALMAL'
“Geestesiektes word baie keer met vrees en misverstande tegemoet gekom, maar dit raak ons almal. Geestesgesondheid is die toestand van volkome geestelike, fisieke en maatskaplike welstand en nie net die blote afwesigheid van siektes nie.
“Oor die algemeen kom geestesprobleme by een uit elke tien jong volwassenes voor, maar dit diskrimineer nie volgens ouderdom, ras of geslag nie,” sê Kalenga.
Die versorging van die gees is ewe belangrik as die versorging van die liggaam, het sy bygevoeg.
Suster Katrina Beukes, 'n senior geregistreerde verpleegster, het gesê die pasiënte is opreg dankbaar vir die groot veranderinge, veral die warm water in die storte en lig in die kamers.
Sy sê die pasiënte benodig ook toiletware, radio's en luidsprekers vir musiek om die siel te kalmeer, bordspeletjies en soms besoekers vir emosionele ondersteuning.

Soortgelyk
79 nuwe gevalle, een sterfte
45 minute gelede | Gesondheid
LPM ruk op na NV
1 uur gelede | Politiek
RMB Song Night vier ’n dekade
4 ure gelede | Kuns en vermaak
Europese Unie verwelkom besending entstowwe van Covax
4 ure gelede | Gesondheid
Kavango-Oos kry eerste besending Covid-19-entstowwe
6 ure gelede | Gesondheid
Vincia Cloete aangestel as hoof van korporatiewe bestuursinsituut
7 ure gelede | Mense
Floyd-moordverhoor: Skuldig!
7 ure gelede | Internasionaal
FlyWestair brei binnelandse vlugte uit
17 ure gelede | Vervoer
Sprinkane nou in 11 streke
17 ure gelede | Landbou
Kleinadvertensies