Debat oor aanstellings uitgestel

28 July 2021 | Politiek
Brigitte Weidlich – Die Nasionale Vergadering kom vandag opnuut byeen om oor die heraanstelling van die hoofde van die Teenkorrupsiekommissie (ACC) en die aanstelling van nuwe verkiesingskommissarisse te besin.

Die president het 'n spesiale sitting vir die doel byeengeroep. Gister se vergadering het egter net 25 minute geduur.

Die opposisie het beswaar gemaak dat hulle nie genoegsame kennis ontvang het nie en nie oor alle dokumentasie beskik om die belangrike besluite te neem nie.

Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het die huis versoek om mnr. Paulus Noa, direkteur van die ACC, en me. Erna van der Merwa, adjunkdirekteur, se termyne met vyf jaar te verleng. Stemme van teenstand het dadelik uit die opposisiebanke opgeklink.

Mnr. Ignatius Shixwameni van die All People's Party (APP) het gesê lede het nie die proklomasie of ondersteunende dokumentasie ontvang nie. Die Popular Democratic Movement (PDM) se me. Elma Dienda het bygevoeg dat lede nie al die kandidate se getuigskrifte kon lees nie, hoewel per Whats­App belowe is die dokumentasie sou beskikbaar wees.

Volgens mnr. Mike Kavekotora is dit nie die eerste keer dat dit gebeur nie.

Me. Elsie Nghikembua, mnr. Joram Rukambe and dr. Emmarentia Leonard word as nuwe verkiesingskommissarisse aanbeveel.

Soortgelyk

 

Veldbrande woed al tien dae

11 ure gelede | Ongelukke

Tanja Bause’n Groot aantal beeste loop langs distrikspaaie noordoos van Windhoek waar verwoestende veldbrande boere tussen Steinhausen en Omitara genoop het om grensdrade te knip...

‘Voltooi vanjaar se eksamen’

11 ure gelede | Ministeries

Henriette LamprechtSkryf die vraestelle wat moontlik is vóór die einde van die jaar met nuwe vraestelle in die plek van dié wat uitgelek het, identifiseer...

Oscar-benoeming dalk in ‘The White Line’ se visier

11 ure gelede | Byvoegsels

Die plaaslike rolprent The White Line is amptelik in die wedloop om oorweeg te word vir ’n moontlike Oscar-benoeming. Dit is die eerste Namibiese rolprent...

Voortrekkers trap vir renosters

11 ure gelede | Byvoegsels

Karli RudolphDie Voortrekkers vier vanjaar hul 90ste bestaansjaar met die tema “Voortrekkers gaan groot”. Die Namibiese Voortrekkers het daarom besluit om hul eie span vir...

V5 Digital a forerunner in digital solutions

11 ure gelede | Tegnologie

Iréne-Mari van der WaltMore than three years ago, Armin Wieland founded his business, V5 Digital, after noticing that there was a lack of companies in...

Do it with passion or not at all

11 ure gelede | Howe

Desiree Gases Ngeendina Angula, born and raised in Greenwell, Windhoek, moved to Cape Town, South Africa, when she was 13 years old and lived there...

A love for engineering and airplanes

11 ure gelede | Vervoer

Wetumwene Shikage Describing her journey at Fly Namibia, Gabriela Kamaahene says the experience has been surreal. She says the company continuously grows and she...

Opflikkering in inentings

11 ure gelede | Gesondheid

> >Dani Booysen - Nadat die wêreldwye verspreiding van ‘n nuwe variant van Covid-19, nou bekend as Omicron, Donderdag rugbaar geword het, het aansienlik...

Weer vir 3 Desember

11 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms kan oor die naweek in die verre Noorde voorkom. Koue lug word die naweek oor //Kharas verwag. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm...