De Klerk nou blogger wat lewensraad deel
De Klerk nou blogger wat lewensraad deel

De Klerk nou blogger wat lewensraad deel

Sanet de Waal
Hoofredaksie



Die Windhoekse prokureur wat in Suid-Afrika gesoek word sodat hy aan Namibië uitgelewer kan word om sy verhoor in die Fishrot-saak by te woon, is deesdae 'n kranige blogger wat lewensraad op sy webjoernaal deel.

Mnr. Marén de Klerk (53) staan in die hoërhof in Windhoek saam met die voormalige ministers van visserye en justisie, mnre. Bernhard Esau en Sacky Shanghala, die voormalige voorsitter en ­uitvoerende hoof van Fishcor, mnre. James ­Hatuikulipi en Mike Nghipunya, en ses ander tereg.

Dit is in die pas gekonsolideerde verhoor wat uit die twee ondersoeke na die gebeure in die Fishrot-viskwotaskandaal voortspruit.

Mnr. Chrispin Phiri, woordvoerder van Suid-Afrika se minister van justisie en korrektiewe dienste, mnr. Ronald Lamola, het gister uit Pretoria aan Republikein gesê De Klerk is nog nie uitgelewer nie, “want die Suid-Afrikaanse polisie kon hom nog nie opspoor nie”.

Die Namibiese ministerie van justisie het op 19 Mei vanjaar 'n lasbrief vir sy inhegtenisneming tesame met 'n versoek vir sy uit­lewering aan die departement van justisie en korrektiewe dienste in Suid-Afrika gestuur.

Volgens bronne na aan De Klerk woon hy in 'n luukse gholflandgoed by 'n dorp in die hartland van die Boland.

Hy het onlangs 'n webblad begin, www.marendeklerk.com, waarop hy as lewensafrigter en prokureur regsmenings en sy sienings oor die lewe plaas. Hy deel ook foto's, video's en resepte.

“Omdat ek al 25 jaar lank 'n kommersiële prokureur is, wil ek my lewe, gedagtes deel en ook my indrukke, sienings en idees vir my familie en vriende dokumenteer. Op hierdie manier kan dit help met my genesingsproses en my familie en vriende help om my soms eie­naardige persoonlikheid beter te verstaan,” skryf De Klerk op sy webblad.

In een van die artikel doen hy 'n “kritiese analisie van hoofstroommedia se verspreiding van fopnuus” en ondersoek die oorsake en gevolge. Hy verwys daarin na die “groot leuen” oor die 2020-verkiesingsuitslae in Amerika en sê verder: “Selfs in klein lande soos Namibië het verskeie koerante en spesifiek The Namibian talle artikels versprei met ernstige waninligting rakende die Fishrot-aangeleentheid, ongetwyfeld aangevuur deur politieke motiewe omdat die regerende Swapo-party geïmpliseer is deur die onthullings van fluitjieblasers in hierdie aangeleentheid”.

Hy maak nêrens melding van die beweringe dat hy die sogenaamde betaalmeester was wat deur sy betrokkenheid by Celax Investments miljoene Namibiese dollars deur Fishcor na van die ander beskuldigdes en begunstigdes in Swapo gekanaliseer het nie.

Volgens Phiri is dit nie 'n uitgemaakte saak dat De Klerk uitgelewer sal word nie. Hy sê as die polisie hom opspoor en in hegtenis geneem, kan hy hom tot die Suid-Afrikaanse howe wend en sy uitlewering betwis. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.06/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.47% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.97/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 911.93/OZ DOWN -0.0043 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.06/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.47% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.97/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 911.93/OZ DOWN -0.0043