Data vat gróót hap uit jong werkendes se salaris
Petrus Malherbe – Jong Suid-Afrikaners wat ’n basiese salaris verdien van niks meer as R5 500 per maand nie, bestee steeds sowat 4% daarvan om toegang tot die internet en ander selfoondienste te verkry.
Luidens navorsing deur FNB kom dit neer op ’n gemiddelde bedrag van sowat R200 per maand vir dienste soos data, beltyd en vir die stuur van SMS’e.
Volgens Pieter Woodhatch, uitvoerende hoof van FNB Easy, is 4% noemenswaardig gegewe die ekonomiese druk waaronder hierdie jong mense verkeer om die pot andersins aan die kook te hou.
Data- en ander internetdienste is aansienlik duurder in Suid-Afrika as elders op die vasteland.
Data is veel goedkoper in Suid-Afrika se onmiddellike buurlande, insluitend Namibië en Mosambiek.
Plaaslike diensverskaffers is egter gou om daarop te wys dat die prys van data tussen Afrikalande nie werklik vergelykbaar is nie, want die gehalte van Suid-Afrika se mobiele netwerk is net soveel beter as elders op die vasteland.
Die Mededingingskommissie is die afgelope paar maande besig met ’n markondersoek na wat hy beskou as die “buitensporige hoë datapryse” in Suid-Afrika.
Die kommissie het reeds ’n voorlopige verslag daaroor uitgereik en bevind data is wel hopeloos te duur in Suid-Afrika.
Diensverskaffers het egter uitgewys die kommissie het nie al die faktore in ag geneem oor waarom data juis so duur hier is nie, insluitend dat die plaaslike infrastruktuur ’n plaas se prys gekos het om op te rig en te onderhou.
Gemeenskappe in ander Afrikalande het ook nie so geredelik toegang tot selfoondienste nie juis weens gebrekkige infrastruktuur. So daarom is data daar goedkoper.
Die gebrek aan beskikbare spektrum bly ook steeds ’n groot struikelblok vir Suid-Afrikaanse netwerke.
Solank die regering nie nuwe spektrum beskikbaar stel nie, kan die prys van data nie verlaag nie, waarsku die netwerke al geruime tyd.
Pres. Cyril Ramaphosa het in sy jongste staatsrede in Junie beloof ’n beleidsrigtingwyser oor die kwessie sal voor die einde van vandeesmaand aan die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) oorhandig word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie