Dans takel huishoudelike geweldenaars

10 September 2020 | Kuns en vermaak
Yandi du Plessis



Die Duitse ambassade in Windhoek het onlangs deur sy kulturele fonds 4 000 euro (nage­noeg N$76 000) vir die video-opname van 'n dansproduksie deur die Ombetja Yehinga Organisation Trust (OYO) geskenk.

Die dansgroep is tans besig met repetisies vir die opname van The Moirai-produksie, wat later vanjaar sal verskyn.

Met dié stuk word gestreef om gesprekke oor geslagsgebaseerde geweld (GBV) aan te moedig en by te dra tot die dialoog, asook om inligting oor beskikbare dienste te deel en slagoffers aan te moedig om die bose kringloop van geweld te breek.

Die stuk word aan die einde van die jaar aanlyn uitgesaai.

Mnr. Philippe Talavera, OYO se direkteur, het gesê: “Tot dusver was 2020 'n baie uitdagende jaar vir kunstenaars. Sedert Maart kon ons nie voor 'n gehoor optree nie.

“Die risiko met lang onderbrekings sonder optredes is dat ons repertoire afgeskeep word. Die Duitse ambassade in Windhoek het hier tot ons redding gekom. Danksy hul ondersteuning sal een van ons sleutelproduksies, The Moirai, bewaar word.

“Aangesien ons nie gehore op die verhoog kan bereik nie, kan ons die stuk met soveel mense as moontlik deel. Op 'n aanlyn platform kan ons meer mense bereik, aangesien almal kan deel, kommentaar lewer en argumenteer.

“Die hantering van geslagsgebaseerde geweld in die huidige omgewing is belangriker as ooit. Die inperking waaronder ons geplaas is, is frustrerend en ons sien ongelukkig 'n toename in die aantal GBV-gevalle. Ons hoop dus die stuk kan hoop gee aan baie mense wat deur hierdie kwessie geraak word.”

Ná haar besoek aan die repetisie het me. Ellen Gölz van die Duitse ambassade gesê: “Die Covid-19-pandemie tref die kultuurbedryf hard, aangesien fisiese optredes voor toeskouers nie moontlik is nie.

“Die ondersteuning van die kunste gedurende hierdie tye is 'n belangrike aspek van Duitsland se kulturele buitelandse beleid. OYO se vermoë om kuns as instrument te gebruik om bewustheid oor ­dringende maatskaplike kwessies te skep, is merkwaardig.”



MEER OOR OYO

OYO is 'n Namibiese nieregerings­organisasie wat die kunste gebruik om maatskaplike bewustheid te skep.

Die organisasie is in 2001 op die been gebring, in Desember 2002 as 'n welsyns­organisasie geregistreer en in 2009 as 'n trust.

In 2008 is OYO se eerste dansproduksie, The Namibian Odysseus, in die Nasionale Teater aangebied.

Die projek was 'n sukses en die daaropvolgende versoeke dat OYO meer sulke projekte moes aanpak, het in 2009 gelei tot buitelandse toere na onder andere Duitsland en Brittanje. Die OYO-dansgroep is amptelik in 2010 gestig.



DIE PRODUKSIE

Soos reeds genoem fokus The Moirai op geslagsgebaseerde geweld. Dit volg 'n jong vrou (El Juanita Philander) wat deur haar kêrel (Desmond Kamerika) mishandel word. Tog, soos dit dikwels gebeur, vind sy altyd 'n manier om hom te vergewe.

Eendag na nóg 'n insident besef sy egter sy sal haar lewe in haar eie hande moet neem, anders is die dood haar voorland.

Die Moirai is die drie Griekse godinne van die mens se lot. Clotho (Mary Jane Andreas) spin die draad van die lewe, Lachesis (Anuschka Orren) meet dit en Atropos (Valentine Mwinga) knip die draad. Die persoon wie se lewensdraad geknip word, sterf. Atropos is op die punt om die heldin se lewensdraad te knip, toe sy besluit om haar lewe in haar eie hande te neem.

“As ons hierdeur ten minste een persoon kan inspireer, sal ons trots wees,” het Talavera gesê.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

1 uur gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

1 uur gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

1 uur gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

1 uur gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

1 uur gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

1 uur gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

1 uur gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

1 uur gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...