Dankie, meneer Bees
Ek weet regtig nie wat ons as gesin verkeerd doen nie, maar dit is feitlik onmoontlik vir ons om deur Botswana te ry sonder enige “episodes” of een of ander krisis. Dit maak die pad vir seker meer opwindend, maar op hierdie tydstip in my lewe kan ek met normaal en vervelig doen.
Ek en moederlief het weer die pad Potchefstroom toe vir my gradeplegtigheid in Maart aangedurf.
Die gradeplegtigheid self was ’n fees, grotendeels oor die feit dat ons die briljante idee gehad het om vyf pragtige ballonne te koop wat vir hope pret met foto’s gesorg het. Die probleem het egter ingekom met liefste Mariselle wat ’n emosionele band met twee van die ballonne gevorm het.
Dit was twee groot heliumballonne met konfetti en glitter in. Ek het hulle ook Konfetti en Glitter gedoop, wat die toonbeeld van oorspronklikheid is. Ek het my ma oortuig hierdie twee kinders van my is ten volle in staat om die pad deur Botswana te oorleef.
Ons twee avontuurlustiges het ook besluit ons gaan nie vroeg die volgende oggend terugry nie, maar eerder nog ’n paar draaie op die dorp en mall loop, want Windhoek het mos glad nie sulke verskynsels nie. Halftwaalf het ons toe in die pad geval. Ons het geweet ons gaan in die nag ry, daarom het ons ons arsenaal van lekkergoed gereed gehad, want sodra jy begin moeg raak, is die enigste ding wat ons help om wakker te bly die beweeg van jou kake. Hoe besiger die kake is, hoe meer kan jy jouself flous om te dink jy is wakker.
Ons is uiteindelik in Botswana, en die pad verloop vir die eerste ruk heel goed. My ma sukkel so effens met die nag, so sy het tot op Kang gery, waarná ek agter die stuurwiel ingeklim het. Ek weet nie of een of ander sein aan die diere gestuur is met die skuif nie, maar in my lewe het ek nog nooit so baie beeste en donkies op een pad gesien nie. In my agterkop weet ek ek kan nie te stadig nie ry nie, want die grenspos sluit 00:00 en ons het geen behoefte daaraan om voor ’n grenspos in die motor te slaap nie.
Ek probeer nog op al die diere langs die pad fokus toe ’n wind skielik deur die oop venster trek en al twee ballonne gryp. Al twee het van agter af deurgevlieg en my in die proses amper versmoor. Glitter is net by die venster uit met Confetti op sy spoor toe ek gelukkig die lint kon vasgryp, want die welstand van die ballonne is baie belangriker as die wild langs die pad.
Net toe ek oor ’n heuwel kom, sien ek ’n kalf in die middel van die pad. Ek begin verwoed die remme soek en probeer my bes om nie in die kalf vas te ry nie. Toe ek met genade voor hom stilstaan, raak al die spanning net te veel en ek begin op die kalf skree en hom van ’n kant af uit te trap oor sy agterlosigheid.
Die kalf kyk my net met so ’n uitdrukkinglose gesiggie aan, en toe sien ek die enorme bul langs die pad. Ek weet nie of dit die moegheid of die oordosis suiker was nie, maar toe besluit ek summier dit is sommer die kalf se pa en ek vaar teen die bul uit.
Die kyk van verontwaardiging op daardie bul se gesig is iets wat ek in my lewe nie sal vergeet nie. Ek is nog besig om die bul te vertel watter nalatige ouer hy is om sy kalf so op die pad te laat loop toe hy besluit genoeg is genoeg. Hy het sy kop net so effens gesak en storm toe soos ’n pyl uit ’n boog op ons af. In my lewe het ek nog nooit so vinnig weggetrek nie.
Ek het twee goed uit hierdie hele rit geleer: Ek hou nie so baie van Botswana nie en beeste is nie baie slim nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie