'Daniël Nujoma volg in voetstappe van gevestigde Swapo-tradisie'
Die leier van die Landless People’s Movement (LPM), mnr. Bernadus Swartbooi, het sarkasties die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, “bedank vir sy opregtheid” in sy uitlatings in die eNCA-program wat verlede Donderdagaand (9 Junie) uitgesaai is. Nujoma het onder meer gesê meer middelklas swart Namibiërs eerder as arm Namibiërs word op hervestigingsplase gevestig omdat arm mense nie suksesvol sal kan boer nie.
“Utoni praat soos die kabinet praat. Hierdie tipe bespreking word as normaal in die kabinet beskou oor sekere dinge wat nie aan sekere groeperinge van Namibiërs gegee moet word nie.”
Die LPM sê Nujoma se uitlatings is nie verbasend nie, aangesien Swapo-leiers toenemend gewone Namibiërs beledig sonder dat enige stappe teen hulle geneem word.
“Daniel Nujoma volg in die voetspore van daardie gevestigde tradisie van Swapo en ons is nie verbaas nie,” het Swartbooi gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie