Damvlakke aan die styg
Die invloei van water ná die goeie reën oor groot dele van die land duur voort.
Tanja Bause - Die Von Bachdam buite Okahandja het verlede week invloei van meer as 3% gekry en die dam is tans 15.5% vol.
In dieselfde tydperk verlede jaar was die dam 21.9% vol en volgens die hidrologiedienste van Namibië vloei die water steeds in.
By Rehoboth het die Oanobdam verlede week die grootste invloei ontvang en van 25% tot 35.4% gestyg.
Die Hardapdam buite Mariental is tans 35.3 % vol, teenoor 29.7% verlede week.
By Keetmanshoop het die Nautedam ook invloei gekry en is tans 75.2% vol, vergeleke met 70.8% verlede week.
Die enigste ander dam wat ook invloei gekry het, is die Otjivero-siltdam wat tans 2.2% vol is. Verlede week was die dam se watervlak 0.1%.
Volgens die vloedbulletin is die watervlakke van die Zambezirivier by Katima Mulilo besig om te styg en staan die rivier tans op 1.05 m.
Die vlakke is laer as normaal, maar hoër as dieselfde tyd laasjaar.
Die vlakke van die Kavangorivier is besig om effens te daal. Die vlak van die rivier by Rundu is tans 5.75 m, wat bo die gemiddeld vir dié tyd van die jaar is. Verlede jaar was die rivier se vlak 4.79 m.
Die vlakke van die Oranjerivier is ook besig om effens te daal. By die Blouputs-stasie is die vlak 0.61 m, by Sendelingsdrift 0.12 m en by Tses 0.12 m.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie