Damme het net ’n vyfde van hul water oor
Damme wat belangrike sakegebiede in die land van water moet voorsien, is tans kommerwekkend laag.
Elvira Hattingh - NamWater sê hy is bekommerd oor die lae damvlakke van die Hardap-, Omdel- en Otjiverodam, asook sentrale damme.
Al dié damme voorsien sleutelgebiede van Namibië van water.
Volgens sy jongste damverslag het nasionale damme gemiddeld net ’n vyfde (20%) van hul water oor, vergeleke met verlede seisoen se nasionale gemiddeld van 32,3%.
Die Hardapdam staan tans op 6,4% en het net 18,952 Mm³ (miljoen kubieke meter) water oor.
Kommer heers dat dié dam teen die einde van Januarie reeds die 4,5%-merk sal bereik, wat verdere watertoevoer na besproeiingsboere op die Hardapskema onmoontlik sal maak.
Oorblywende water sal as drinkwater vir Mariental gebruik moet word.
Die Suide se Nautedam, wat tans op 77,1% staan en sowat 77,1 Mm³ water bevat, is die volste dam in die land. Die Oanobdam staan tans op 37,7% vol teenoor verlede week se 38,1%.
Die gemiddeld van die Suide se damme is tans 22,5% – swakker as verlede jaar dieselfde tyd se 39,6%.
Die Omatakodam, wat op 6 Januarie nog op 14% gestaan het, is tans 15,5% vol.
Die eerste water het dié dam in die week van 2 tot 9 Desember binnegevloei en sy damvlakke van 0% vol tot 8,6% gelig.
Geen wateroorplasings het vandeesweek van dié dam na die Von Bachdam plaasgevind nie.
Die Swakoppoortdam se watervlakke het die afgelope week tot op 5,4% gesak, terwyl die Von Bachdam tans 38,9% vol is.
Laasgenoemde dam het in die week van 2 tot 9 Desember sy eerste 1,393 Mm³ water vir die seisoen ingekry.
Dit bring die gemiddeld vir die drie damme wat water aan inwoners in sentrale dele van die land voorsien op 18,6% te staan. Dit is minder as verlede jaar dieselfde tyd se gemiddeld van 24,7%.
Die Ooste se damvlakke vergelyk beter as verlede s’n jaar met ’n huidige gemiddeld van 7,9%.
Die Otjivero-hoofdam staan nou op 7,1%, maar geen wateroorplasings het van die Otjiveroslikdam af plaasgevind nie. Laasgenoemde dam bevat sowat 2,2% water.
Die Daan Viljoendam bevat tans 59% water, met die Tilda Viljoendam wat ook 32,2% vol is.
Die Olushandjadam se watervlakke staan nou op 25,4% teenoor verlede jaar se 26,1%.
Die Omatjennedam is tans 3,6% vol.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie