Damara-koningsraad kwaad vir Swapo se oudstes oor grond
Damara-koningsraad kwaad vir Swapo se oudstes oor grond

Damara-koningsraad kwaad vir Swapo se oudstes oor grond

Die Damara-koningsraad sê die oudstes het geen reg – of kennis – om namens gemeenskappe te praat wat grond verloor het nie.
Catherine Sasman
Catherine Sasman



Die Damara-koningsraad sê die voorstel van die Swapo-oudstes dat voorvaderlike grondregte nie in werking gestel moet word nie is “beledigend en erg onsensitief” oor grond wat deur die Damara verloor is.

Die sekretaris van Swapo se Raad van Oudstes, mnr. Mukwaita Shanyengana, het verlede Vrydag by 'n nuuskonferensie gesê voorvaderlike grondregte kán by die tweede grondkonferensie bespreek word, maar resolusies daaroor moet nie uitgevoer word nie.

Shanyengana het gesê die uitvoering daarvan sal stamgebondenheid aanvuur en vrede en stabiliteit in die land inboet.

Mnr. Abner Xoagub, sekretaris-generaal van die Damara-koningsraad, sê die Swapo-oudstes se houding is 'n aanduiding dat dit nooit enige feitelike of empiriese inligting oor geskiedkundige grondverliese oorweeg het nie, en dat hulle uit “pure onkunde” praat.

Xoagub sê dit is ook 'n aanduiding van Swapo se arrogante verwaarlosing van minderheidsgroepe se belange.

“Die lede van Swapo se stamgebonde ondersteuningsbasis het geen vorm van geskiedkundige grondverliese ervaar nie en beset steeds hul voorvaderlike grond, én geniet alle voordele wat daarmee gepaard gaan,” sê Xoagub.

Hy sê omdat Swapo se magsbasis uit oorheersende gemeenskappe van die noordelike kommunale gebiede in terme van getalle bestaan, word die lot van minderheidsgroepe wat hul grond verloor het as onbelangrik beskou.

Xoagub sê die Swapo-oudstes is “erg oningelig” en verkies om só te bly oor baie moontlikhede wat vir regstellende geregtigheid oor die grondkwessie ondersoek kan word.

“Daar is baie uitvoerbare moontlikhede onder die huidige grondhervormingsbedeling as daar 'n politieke wil is, wat nie vrede en stabiliteit sal versteur nie,” sê Xoagub.

Hy sê sulke moontlikhede kan egter slegs geïdentifiseer en krities oorweeg word as voorvaderlike grondregte eerlik en oop bespreek word.

Die Damara-koningsraad stel voor 'n regterlike kommissie word ná die grondkonferensie ingestel om ­behoorlike aandag aan restitusie op voorvaderlike grondregte te skenk.

“Ons is nie blind vir die regering se maneuvers om hierdie ­ernstige saak net opsy te skuif as 'n ondergeskikte onderwerp tussen 'n klompie niksbeduidende items nie,” het Xoagub gesê.

Hy sê die land moet tot 'n algemene insig oor voorvaderlike regte by die konferensie kom en voeg by die Odendaal-plan van 1964 kan nie die basis daarvoor dikteer nie.

Xoagub sê die Swapo-oudstes se praatjies oor 'n burgeroorlog en die versteuring van vrede en stabiliteit sou dié kwessie in alle erns bespreek word, is 'n poging om die gemeen­skappe wat grond verloor het, nog verder te onderdruk.

“Die Swapo-oudstes het geen plek, geen mandaat en geen kundigheid om die uitslag van die grondkonferensie vooraf te probeer bepaal nie. Sover dit ons aangaan, is hulle tegnies gesproke die mees ongekwalifiseerde mense om oor hierdie delikate en gespesialiseerde kwessie te praat,” sê Xoagub.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.21/OZ UP +0.28% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.32% | Zinc US$ 2 859.00/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 89.07/BBP UP +0.19% | Platinum US$ 911.53/OZ DOWN -0.0048 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.21/OZ UP +0.28% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.32% | Zinc US$ 2 859.00/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 89.07/BBP UP +0.19% | Platinum US$ 911.53/OZ DOWN -0.0048