Dagmoeder gevonnis
Dagmoeder gevonnis

Dagmoeder gevonnis

Die Windhoekse dagmoeder in wie se sorg 'n baba verdrink het, is 'n opgeskorte vonnis opgelê.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Die vrou wat aan nalatigheid skuldig bevind is weens die verdrinking van ’n 11 maande oue baba, is gister in die Windhoek-landdroshof gevonnis.

Landdros Ingrid Unengu het me. Catharina Agnes van den Berg tot vyf jaar tronkstraf gevonnis, opgeskort vir vyf jaar.

Van den Berg is op 18 Januarie skuldig bevind aan strafbare manslag na die dood van Ferreira Scholtz in November 2012. Die baba was in Van den Berg se sorg en het in die swembad by haar dagsorgsentrum verdrink.

Unengu het die opgeskorte vonnis opgelê op voorwaarde dat Van den Berg haar in dié tydperk nie weer aan strafbare manslag skuldig maak nie.

Die landdros het gesê dit was vir haar ’n moeilike taak om die vonnis op te lê, omdat dit so ’n emosioneel belaaide saak vir almal betrokke was. Sy het vorige regspraak in soortgelyke sake as riglyn gebruik.

Unengu het in haar uitspraak genoem die tragedie het nie as gevolg van ’n positiewe handeling gebeur nie, maar weens die nalating van ’n plig. Nietemin het sy die oortreding as baie ernstig beskryf en gesê die baba sou nog geleef het as dit nie vir die nalatige daad was nie. Unengu het weer eens beklemtoon dat Van den Berg ’n sorgsaamheidsplig gehad het wat sy versuim het – met noodlottige gevolge.

Die landdros het voorts gesê sy aanvaar Van den Berg wou nie hê die tragedie moes gebeur nie, dat sy baie geheg was aan die baba en goed na hom omgesien het. Sy het ook probeer om die baba by te bring deur kunsmatige asemhaling (kardiopulmonêre resussitasie) toe te pas totdat ’n ambulans opgedaag het. “Die beskuldigde dra ’n leeftyd van skuld. Die hof beoog nie om die beskuldigde te breek nie,” het die landdros gesê. "Nietemin behoort die vonnis as ’n afskrikmiddel te dien."

Sy het die gebeure wat tot Ferreira se dood gelei het, beskryf as “’n kortstondige verval van konsentrasie op die taak op hande, wat tot ’n tragiese gevolg gelei het”.

Volgens Van den Berg was die baba veilig in die huis totdat sy hom buite in die swembad ontdek het. Dit word vermoed hy het uit die huis gekruip toe ’n ander kind die deur oopgemaak het van ’n kamer waar die kinders gerus het. Paramedici is na die huis ontbied en het oorgeneem by Van den Berg wat besig was om Ferreira te probeer bybring. Die baba is na ’n hospitaal geneem waar hy later dood verklaar is.

Mnr. Danie Small het Van den Berg verteenwoordig en staatsaanklaer Hans Thourob het namens die staat opgetree.

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.22 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.54 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 27.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 316.97/OZ UP +0.07% | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0112 | Zinc US$ 2 903.50/T DOWN -1.71% | Brent Crude Oil US$ 82.84/BBP DOWN -0.0085 | Platinum US$ 971.32/OZ DOWN -0.0074 #N/A