Daggatoets vir die Grondwet

‘Kwessie verander wêreldwyd’

05 February 2020 | Howe
Augetto Graig - Die hoërhof sal moontlik uitsluitsel moet gee oor die grondwetlikheid van daggaverwante inhegtenisnemings.

Mnr. Brian Jaftha, president van Ganja Users of Namibia (GUN), en sy regsverteenwoordiger, die kandidaatprokureur mnr. Andrew Naunyango, het by landdros Atutala Namwenyo Shikalepo verlof gekry om die kwessie voor die hoërhof te bring.

Die hoërhof het gesag om grondwetlike kwessies aan te hoor, terwyl appèlsake voor die hooggeregshof dien.

Naunyango het onder me. Uno Katjipuka, ’n prokureur verbonde aan die Nixon Marcus-menseregtefirma, tot 29 April 2020 om ’n amptelike aansoek in te dien.

In Namibië maak wet nommer 41 van 1971 dit onwettig om in besit van dagga te wees.

Vir groter hoeveelhede kan ’n klag van handel dryf in dagga aanhangig gemaak word, met swaarder strawwe.

Die bekende plaaslike kunstenaar Ras Sheehama se poging om die kwessie voor die hof te bring, is in 2001 verwerp.

“Veels te veel Namibiërs sit in die tronk oor dagga,” sê Jaftha.

Hy word self beskuldig van die besit van dagga in twee verskillende sake wat nou as een gelees word.

Naunyango sê Jaftha voel die klagte teen hom skend dié regte wat die Grondwet waarborg.

Grondwetlike verhore is egter duur en diegene wie se regte ondermyn word, kan nie bekostig om daarteen te baklei nie, sê Naunyango.

“Dit kan moontlik miljoene beloop,” sê hy.

Hoewel Nixon Marcus Jaftha tans verniet verdedig, vereis dit ook hul tyd en hulpbronne.

Volgens Naunyango het Namibië strukture om die Grondwet te verdedig, maar om dit voor ’n hof te bring, is ’n uitdaging.

“Goed soos regshulp behoort dit te befonds,” sê hy.

Jaftha het in Augustus 2019 reeds aansoek om regshulp gedoen, maar die ministerie van justisie het dit afgekeur omdat die saak volgens hulle nie meriete het nie.

“Ons kan hulle dalk weer nader as die hoërhofaansoek afgehandel is,” sê Naunyango.

Hy voel Namibiërs verdien die geleentheid om die grondwetlikheid van wetgewing uit te daag.

“Die kwessie is wêreldwyd besig om te verander. Die onlangse verminderde straf-geval toon hoe lank die dagga-kwessie reeds bestaan. Kyk na die vrou van Swakopmund: Hierdie mense is broodwinners. Hierdie wet bestaan al sedert 1971. Ons weet nou baie meer as 50 jaar gelede. Ons weet van beter,” sê hy. – [email protected]

Soortgelyk

 

Ministerie bemagtig mans én vroue

32 minute gelede | Ministeries

Die algemene siening dat die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn net vir vroue en kinders is, is onwaar en onproduktief. “Sommige mans dink hierdie ministerie...

Damme voller

11 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

11 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

11 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...

Weer vir 25 Februarie

11 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms word in die noordoostelike streke, Otjozondjupa-, Khomas- en suidelike streek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk in die...

NamWater to fix Opuwo’s supply woes

11 ure gelede | Plaaslik

Uakutura Kambaekua – Since 2017, Opuwo town has been faced with diminished water supply, a predicament blamed on high water loss in distribution systems, which...

Havana, Otjomuise powered by June

11 ure gelede | Energie

The ministry of urban and rural development has committed a total of N$14 million for electrification for the 2019/20 financial year, an amount that is...

A significant contributor to Namibia's economic landscape

11 ure gelede | Byvoegsels

Hangana Seafood (Pty) Ltd is a 100% Namibian-owned company, passionate about “Creating a future, enhancing life” for its employees, country and the people of Namibia....

Corona: Afrika 66% gereed

11 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Afrika se algehele gereedheidsvlak vir die coronavirussiekte (covid-19) staan op 66%. Volgens dr. Matshidiso Moeti, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se streeksdirekteur vir Afrika,...