Daggaplante en geld 'verdwyn'
Denver Kisting - Polisiebeamptes wat by misdaad betrokke raak, bekommer senior lede van die mag.
Dít kom nadat vier polisielede verbonde aan die dwelmeenheid gisteroggend in die Windhoek-landdroshof verskyn het nadat N$9 000 se skulderkenningsgeld glo spoorloos verdwyn het.
Kommissaris Silvanus Nghishidimbwa, die bevelvoerder van die Khomasstreek, sê die twee vroue en twee mans is Vrydag in die hoofstad aangekeer.
Hulle het glo Woensdag 'n man van Klein Windhoek by wie se huis 'n daggaplantasie gevind is, in hegtenis geneem.
By die polisiekantoor het die dwelmeenheid se lede glo op N$10 000 as skulderkenning aangedring. Nadat die man die geld betaal het, is 'n kwitansie uitgereik waarop glo slegs N$1 000 aangedui is, sê Nghishidimbwa.
In die stadium staan die drie sersante en een konstabel tereg op aanklagte van vervalsing, diefstal en korrupsie, sê die streekspolisiehoof.
Die daggaplantasie het volgens Nghishidimbwa glo ook intussen verdwyn.
“Dit is nêrens te vinde nie.”
'DIEP BEKOMMERD'
Hy sê hy is diep bekommerd oor polisielede wat by misdaadbedrywighede betrek word. “Ons is besorg omdat lede sulke goed doen. Ons moet 'n nasionale beraadslaging hou om vas te stel waar die probleem lê.”
Die viertal is elkeen op borgtog van N$6 000 vrygelaat. Hulle moet weer op Maandag 7 Mei vanjaar in die hof verskyn, het hoofinspekteur Kauna Shikwambi, 'n polisiewoordvoerder, by navraag bevestig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie