Dagga-aflewering by selle loop skeef

05 April 2021 | Misdaad
Die aflewering van sewe banksakkies en vyf baaltjies dagga het op 1 April ’n 26-jarige Namibiese man agter tralies laat beland.
Die Namibiese polisie sê die man het omtrent tien voor twaalf van buite die aanhoudingselle op Mariental, naby aan die hof, sy aflewering tot in die gang van die selle gegooi. Die banksakkies weeg sowat 10 g en die baaltjies sowat 20 g, met ’n gesamentlike straatwaarde van om en by N$700, sê die polisie in vandag se misdaadverslag. Die jong man is in hegtenis geneem.
Foto Nampol/argief

Soortgelyk

 

79 nuwe gevalle, een sterfte

38 minute gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftesyfer skuif met een, die van 'n 53-jarige vrou van Swakopmund, op tot 609. Vandag is 79 nuwe gevalle aangemeld waaronder 15 leerlinge...

LPM ruk op na NV

1 uur gelede | Politiek

Ondersteuners van die Landless Peoples Movement (LPM) is voor die hekke van die parlementstuine waar hulle 'n optog hou teen die verbod op hul leiers,...

RMB Song Night vier ’n dekade

4 ure gelede | Kuns en vermaak

Die RMB Song Night-inisiatief wat op die been gebring is met die doel om Namibiese klanke te laat groei en ontwikkel, vier vanjaar sy tiende...

Europese Unie verwelkom besending entstowwe van Covax

4 ure gelede | Gesondheid

Die Europese Unie se adjunkhoof, mnr. Gosia Lachut, het die besending van 24 000 dosisse AstraZeneca-entstof teen Covid-19 van Covax aan Namibië verwelkom. Lachut...

Kavango-Oos kry eerste besending Covid-19-entstowwe

6 ure gelede | Gesondheid

Kavango-Oos het sy eerste besending Sinopharm en AstraZeneca-dosisse deel van die immuniseringsveldtog teen Covid-19 ontvang. Die streek het 7 983 Sinopham- en 2 880 AstraZeneca-dosisse...

Vincia Cloete aangestel as hoof van korporatiewe bestuursinsituut

7 ure gelede | Mense

Die Namibië Instituut vir Korporatiewe Bestuur (NICG), wat in 2016 gestig is om gesonde korporatiewe bestuursbeginsels en -praktyke in die land te bevorder, het aangekondig...

Floyd-moordverhoor: Skuldig!

7 ure gelede | Internasionaal

Derek Chauvin (45), gewese polisielid van Minneapolis, is skuldig bevind aan die moord op George Floyd (46).’n Jurie het gisteraand laat (Namibiese tyd) dié beslissing...

FlyWestair brei binnelandse vlugte uit

17 ure gelede | Vervoer

FlyWestair voeg van volgende Woensdag 28 April 'n ekstra vlug by sy Ondangwa-roete en het ook by die Vervoerkommissie van Namibië aansoek gedoen om vlugte...

Sprinkane nou in 11 streke

17 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – Die verwoestende sprinkaan­plaag het nou na elf van die land se 14 streke uitgekring en dit is net in die Omaheke-, Khomas-...